Australopithecus-vonds in Kenia gemaak

Australopithecus afarensis-vonds by Kantis naby Nairobi, Kenia Foto: Journal of Human Evolution, Elsevier

Australopithecus afarensis-vonds by Kantis naby Nairobi, Kenia Foto: Journal of Human Evolution, Elsevier

ʼn Span paleontoloë het glo onbetwiste oorskot van die vroeë moderne mens naby Nairobi in Kenia ontdek.

Kantis, ʼn nuwe paleontologiese perseel wat glo 3,5 miljoen jaar oud is, is geleë naby Gregory Rift-vallei, ʼn paar kilometer buite Nairobi en het na bewering ʼn vroeë menslike spesie (van die moderne mens), geklassifiseer as Australopithecus afarensis opgelewer.

Dr. Emma Mbua, ʼn senior navorsingswetenskaplike, het gesê dié vonds is die eerste onbetwiste bewys in Kenia, wat die geografiese gebied van Australopithecus afarensis na Kenia uitbrei.

Die ontdekking is vandeesmaand in die Journal of Human Evolution, Elsevier, gepubliseer.

Mbua het aan African News Agency gesê saam met die menslike oorskot is daar ook oorskot van seekoeie, ape, bokke, renosters en kameelperde gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nic Grobler ·

3.5 miljoen jaar klink nie vir my baie “modern” nie.

FC ·

Is die goed ook gevind so 2 weke voordat hulle grant funding op sou raak.
As daar nou een gebied is waar die meeste raaiwerk gedoen word is dit in argeologie.
Iets wat so klompie jaar terug so 10 miljoen jaar oud was is nou net 400,000 jaar oud. Dan is daar ander raaiskote soos, dis in die berig. Daar is geen werklike wetenskap beskikbaar waarmee die werlklike ouderdom bepaal kan word nie.

Johan 2 ·

C13 datering? Of ander isotope wat in ons atmosfeer voorkom? Klink v my wetenskaplik.

A.Willemse ·

En tog, is die legkaart al ente beter as wat dit ‘n paar dekades gelede was, en die besonderhede wat die groter prentjie van die voorgeskiedenis uitmaak , begin plek plek by mekaar aansluit.

Veritas ·

Daar bestaan nie iets soos ‘n ‘vroeë menslike spesie’ nie. Mens is mens en dier is dier. Daar is glo ook oorblyfsels van seekoeie, bokke, renosters en kameelperde gevind. Hoe weet die ‘wetenskaplikes’ dit? Is dit nie dan net logies dat hierdie diere ook sou evoleer nie? Dalk het hulle en is vandag se argeoloë.

Johann ·

So…waar pas die berig in met die Christelike bestaansrede van Maroela Media.

Johannes ·

As beleidende Christen het ek nie ‘n probleem met die evolusie teorie nie. Waarom kan ek nie in God en evolusie glo nie? Vir my is evolusie ‘n absolute meesterplan wat net God kon meebring om soveel verskeidenheid van lewe op Aarde te skep.

Waar presies ontken die evolusie teorie die bestaan van God?

Johannes ·

Jinne Veritas, ek dink jy gaan darem nou bietjie te ver om sommer alle paleontoloë en wetenskaplikes as goddeloos en duiwels te verklaar. Nee man, wie is jy om so te oordeel? Daar is reg oor die wêreld duisende wetenskaplikes wat erkende en toegewyde Christene is. Die feit dat ek die in die wetenskap werk maak my nie ‘n ongelowige nie! Maak eers seker van jou feite voordat jy sulke stellings maak asb…

Sune van Heerden ·

Dagsê Johann

Maroela Media het glad nie ‘n mening hieroor uitgespreek nie. Die gebeurtenis is egter wêreldwyd nuuswaardig, net soos die vonds in September 2015 van die nuwe hominiede-spesie, Homo naledi, waaroor ons ook berig het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Trots Afrikaans ·

Ek staan verstom oor hoe ver my volk van God af is en hoe min hulle van die bybel weet. My volk gaan onder weens ‘n gebrek aan kennis.

Volgens die bybel is die aarde minder as 7 000 jaar oud. As jy nie eendag vir God in die hemel kan dank vir sy sesdag skepping nie, kan jy altyd aan die duiwel verduidelik hoe slim jy was.

Dien julle vir wie julle wil, ek en my huis, ons sal die Here dien.
Vir die rekord, die wetenskaplikes van die dag het gedink die aarde is plat, nie God nie…..

Johannes ·

Trots Afrikaans, Ek glo ongetwyfeld in God Drie-Enig, is lief vir Hom en probeer my bes om Hom opreg te dien. Om wetenskaplike feite te glo en te verstaan maak my GEENSINS ‘n goddelose nie.

God se Woord vertel ook dat die Aarde op pillare staan en dat ‘n 1 000 jaar vir God soos een dag is en een dag soos ‘n 1 000 jaar – tyd is dus vir God irrelevant wat die menslike konsep van ‘n 24 uur dag ongeldig maak…

Veritas ·

Johannes indien jy in die evolusieleer glo, kan jy nie ‘n gelowige wees nie. Die Woord van God is baie duidelik oor die ontstaan van die mens. God het eers die diere geskape en toe die mens om oor hulle te heers. Die mens was die kroon op Sy skepping. Geskape na Sy beeld. Jy kan nie sekere dele van die Bybel aanvaar en ander dele nie. Dit sal daarop neerkom dat jy God wil verander soos wat jy Hom graag wil hê. Ek verklaar ook nie alle wetenskaplikes as duiwels nie, maar enigeen wat die werke van God ontken, ontken ook Sy bestaan.

Johannes ·

God se Woord is glad nie duidelik oor die Skepping nie – inteendeel dit gee twee weergawes daarvan met verskillende volgordes van wanneer wat geskep was.

Die Bybel is wel baie duidelik daaroor dat God die Skepper van die Hemel, Aarde en Heelal was. Waarom kon Hy nie evolusie gebruik het om dit te doen nie?

Ek ontken geensins sekere gedeeltes van God se Woord nie, maar prys God dat Hy my ‘n intelek gegee het om Sy Woord binne perspektief te kan lees en verstaan sonder om die kernwaarhede en morele beginsels wat Hy vir my gee te ondermyn.

Elk geval, hierdie is ‘n eindelose debat (met meer verloorders as wenners…). Ek vra net, moet my asb nie ‘n goddelose of ongelowige noem bloot omdat ek die evolusie teorie (en ander wetenskaplike feite) aanvaar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.