Baanbreker Madeleine Albright sterf

Madeleine Albright (Foto: MANDEL NGAN / AFP)

Madeleine Albright, die VSA se eerste vrou in die pos van minister van buitelandse sake, is Woensdag in die ouderdom van 84 aan kanker dood.

Albright was ten tyde van haar dood omring deur familie en vriende.

Haar geliefdes het sedertdien hulde aan hul “liefdevolle ma, ouma, suster, vriendin” en “onvermoeide kampvegter van demokrasie en menseregte” in ’n verklaring gebring.

Albright, wat as ʼn 11-jarige vlugteling saam met haar ouers in die VSA aangekom het, het van 1997 tot 2001 in oudpres. Bill Clinton se administrasie gedien.

Clinton, sowel as sy opvolgers George W Bush, Barack Obama en Joe Biden het oor die jare haar lof besing.

Madeleine Albright in 1999 saam met president Bill Clinton. (Foto: JOYCE NALTCHAYAN / AFP)

“Albright het die weg gebaan vir vooruitgang in sommige van die mees onstabiele uithoeke van die wêreld en was ʼn kampvegter vir demokratiese waardes,” het Obama ná haar dood gesê.

Obama glo Albright het as immigrant ʼn unieke en belangrike perspektief in haar baanbrekersloopbaan gebring.

Albright is in 1937 in Praag gebore. Haar Joodse familie het egter in 1939 voor die Nazi-inval in Tsjeggo-Slowakye uit die land gevlug. Die familie het eers na Engeland gevlug voordat hulle ’n dekade later na die VSA verhuis het.

“ʼn Tsjeggo-Slowaaks gebore leier, ʼn sterk voorstander van demokrasie en menseregte. Sentraal-Europa onthou vandag meer as ooit haar verbintenis tot die Navo-uitbreiding,” het die Tsjeggiese Republiek se minister van buitelandse sake, Jan Lipavsky, Woensdag op Twitter gesê.

Die Verenigde Nasies (VN), waar Albright van 1993 tot 1997 as Amerikaanse ambassadeur gedien het, het gister ʼn oomblik van stilte vir haar gehou.

António Guterres, sekretaris-generaal van die VN, het jare lank saam met Albright gewerk en onthou haar as ʼn dierbare vriendin.

“Ek was altyd geraak deur haar wyse raad, diep ervaring, unieke insigte, blywende menslikheid, warmte en skerpsinnigheid,” het Guterres in ʼn verklaring gesê.

“Haar lewe is ʼn kragtige bewys van die onskatbare bydraes wat vlugtelinge aan die lande lewer wat hulle verwelkom.”

Die huidige Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, het op sy beurt gesê hy sal Albright onthou as ʼn “briljante diplomaat” en ʼn “moedige voorloper”.

“Sy was ook ʼn wonderlike vriendin vir baie, ook vir my. Ek gaan haar baie mis,” het Blinken gesê. “Aan ons heel eerste ‘Madam Secretary’ – dankie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Swerwer ·

Dit is altyd interessant om te luister hoe ‘n persoon se lof besing word na sy afsterwe. ‘n Voorstaander vir menseregte maar agter af moet kinders om die lewe gebring word. Strook nie met mekaar nie. Soos die spreekwoord sê Bo Blink en onder stink.

JohanR ·

Jacob Zuma sal seker ‘n staats begrafnis kry instede om om te veras en sy as in die Athlone Sewerage Works te gooi…..jammer Athlone!

daarsdit ·

Ook nog nooit van ‘n slegte dooie gehoor nie, almal wat heen gaan is altyd wonderlike mense. Kan nie wag vir my beurt nie

Anna-marie ·

Albright se dood sal nie betreur word in lande waar sy ‘n hand gehad het in verpletterde oorloë nie.

Autobahn ·

Die Westerse „vegters vir die demokrasie“ wat gelyktydig die demokrasie in hul eie lande de-installeer. Nie vergeet is hoe Serwië in die demokrasie gebombardeer is in 1999 onder die regié van Albright. Sonder ´n magtiging deur die VN veiligheidsraad.

Marthinus W ·

Die Amerikaners wat die grootste moeilikheid gemaak het en maak, was/is almal immigrante, of kinders van immigrante, veral uit Oos-Europa. Albright, Antony Blinkin [sy oupa was n Oekrainer, en sy pa het n groot skenking aan George Soros gemaak; Zbigniew Brzezinski (Pole) wat die handboek geskryf het hoe om Rusland te vernietig in Oekraine [The Grand Chess Board], Victoria Nuland (Litaue), ens.

annie ·

Foto’s word nou getoon van haar en dierbare Oom Soros saam, lg wat nou ook glo verbind word met die chemiese-oorlogsfabrieke in Oekraïene met Zolensky as voorbok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.