Baba dood ná honde haar gryp

Scott Winberry het die huis binnegestorm en gesien hoe die Rottweilers sy babadogter, Malia, aanval (Foto: DogsBite.org/Twitter)

ʼn Tien maande oue babadogtertjie is Dinsdagaand in Noord-Carolina, VSA, deur die gesin se twee Rottweilers doodgebyt. Dit volg nadat haar pa haar vir etlike sekondes sonder toesig by die honde gelaat het.

Die DailyMail berig die polisieman, Scott Winberry, het sy babadogter, Malia, omstreeks 20:00 vir ʼn kort rukkie by die twee groot honde in hul huis in Willow Spring, Noord-Carolina, gelos. Hy is buitentoe om ʼn sproeier in die tuin te skuif. Dit was in dié tyd dat die honde Malia aangeval en doodgebyt het.

Danny Johnson, kaptein van die Johnston County-baljukantoor in Noord-Carolina, sê die buurman het Scott voorgekeer vir ʼn vinnige geselsie terwyl hy buite was.

“Ná ʼn paar sekondes het Scott ʼn rumoer in die huis gehoor en ingegaan om ondersoek in te stel,” het Johnson aan ABC News gesê.

Scott het die huis binnegestorm en gesien hoe die Rottweilers sy babadogter aanval. Volgens CNN het hy dadelik plaaslike owerhede ontbied en dié het Malia probeer bybring, maar was onsuksesvol.

ABC News berig die nooddiensbeamptes het op die toneel opgedaag en kardiopulmonêre resussitasie (CPR) op Malia toegepas, maar sy is op die toneel dood verklaar.

Johnson sê ondersoekbeamptes het vasgestel dat die voorval ʼn tragiese ongeluk was.

“Wanneer só ʼn jong kind doodgaan, is dit vir ons almal baie moeilik, want ons het almal kinders,” het Johnson gesê.

Volgens CNN is die honde tans onder beheerde toesig en dit is nog nie duidelik wat hul lot gaan wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eureka ·

Dis verskriklik ons het n boerboel (Ouma woef) en n woelige 3 jarige , ons dink daaraan o weer n groot hond te kry maar die artiekels maak my bang vir n groot hond

Nella ·

So hartseer maar dit laat my wonder. Ons het al Rottweilers en Boerboele gehad. Nie een dag was ek bekommerd of die diere my kinders iets sou aangedoen het nie. Inteendeel my man kon nie eers my seun se winde behoorlik uitgevryf het as hy gehuil het van n wind wat vassit nie, dan het die Rottweiler probeer keer. Die Boerboel het op n plaas grootgeword en het bobbejane gejag, en eers daarna toe hy omtrent 4 jaar oud was, het ons hom aangeneem. Hy wou nie sommer enige volwasse in ons erf toegelaat het nie, maar was baie lief vir kinders en hy het nie eers saam kids grootgeword nie. Chihuahua gehad en die het in die boerboel se kosbak geklim terwyl hy geeet het. Iewers moes iets fout gegaan in die hartseer geval.

Terence ·

Dit maak my so kwaad, aanvallers word nie gebyt nie, nee dis kinders , ouers en dierelefhebbers. Jy sal nie jou kind by n vreemdeling vertrou nie maar los hul om honde’kinders’ want hul beskerm jou mos, maak my naar dat n kind nie nou die reg mag he om te lewe nie maar n hond word nou onder toesig gehou. Pateties

Misky ·

Ek huil my morsdood!!!! Sterkte aan daai arme pa en die skuldgevoel wat hom jare later steeds gaan rondjaag

Genis ·

Honde is insinktief nog n pak… Dis verskiriklik, mens kan jou nie eers die trauma en hartseer indink nie… Ek is baie versigtig vir Rotties…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.