Baba gebore ná vrou in kop geskiet is

Argieffoto

ʼn 30 week oue baba is dié naweek in die Amerikaanse deelstaat Ohio gebore kort nadat haar ma in ʼn skietvoorval in die kop geskiet is.

Volgens die Amerikaanse nuuswebwerf CBS is die vrou, wat as Lindsay Marsh geïdentifiseer is, in Springfield geskiet en toe na die Miami Valley-hospitaal in Dayton geneem waar dokters haar baba via ʼn keisersnee in die wêreld gebring het.

Marsh is dood kort nadat haar babatjie gebore is. Volgens berigte is die baba buite gevaar.

Volgens die BBC is ʼn 25-jarige man reeds in hegtenis geneem in verband met die voorval. Die man het aan polisieowerhede gesê hy en Marsh was in ʼn argument betrokke toe hy per ongeluk die sneller van sy handwapen getrek het. Hy voer ook aan dat hy nié geweet het die wapen is gelaai nie.

Volgens ʼn polisieverslag het die slagoffer en die verdagte mekaar “rondgestoot” terwyl hulle geargumenteer het. Die man het sy wapen na vore gebring, waarna Marsh hom glo weer hard gestamp het. Hy voer aan hy het haar daarna met beide hande teruggestamp voordat hy “per ongeluk” die sneller getrek het.

ʼn Familielid van die man het glo die polisie na die toneel ontbied. Die verdagte is steeds in polisieaanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JM ·

Hoe kan jy nie weet dat jou wapen gelaai is nie. Verklaar hom onbevoeg om ‘n vuurwapen te besit.

Nettie ·

‘n 30-week oue baba …… So die baba was 30 weke oud, m.a.w 7½ maande oud, toe hy/sy gebore is? Moet dit nie lees: ‘n baba is op 30 weke van swangerskap gebore …..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.