Baba gered ná boom op swanger vrou val

Argieffoto

Argieffoto

Dokters moes Donderdag ʼn noodkeiseroperasie uitvoer toe ʼn swanger vrou gesterf het ná ʼn boom op haar geval het.

Die 37-jarige vrou, Zhang, is omstreeks 14:30 in Hongkong oorlede nadat ʼn boom op haar geval het. “Die baba is steeds in ʼn kritieke toestand,” het ʼn woordvoerder van die hospitaal aan AFP gesê.

Die stad het die afgelope 24 uur reeds meer as 40 cm (16 duim) reënval gehad.

Ooggetuies het gehelp om die boom van die vrou af op te lig. Sy het kopbeserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Lee, jys reg maar reenval word gewoonlik in millimeter aangegee en Anna-Marie het seker net die “c” mis gelees.

Elizabeth ·

Ek gaan nou nie stry oor die mm’s of cm’s of duime of die watsehoese – ek dink net dis ‘n fantastiese foto wat Maroela by die berig geplaas het! Hoop die baba gaan in ‘n liefdevolle huis grootword!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.