Baba met vier bene, twee ruggrate ondergaan operasie

Nancy Swabb hou vir klein Dominique vas by die Advocate Children’s Hospital in Chicago, VSA (21 Maart 2017). Foto: AP Photo/Teresa Crawford

Nancy Swabb hou vir klein Dominique vas by die Advocate Children’s Hospital in Chicago, VSA (21 Maart 2017). Foto: AP Photo/Teresa Crawford

ʼn Babadogtertjie wat gebore is met twee ruggrate en ʼn ekstra stel bene en voete, herstel goed ná ʼn suksesvolle operasie in ʼn kinderhospitaal in Chicago in die VSA.

Die Advocate Children’s Hospital het ʼn video van ʼn tien maande oue dogtertjie, net bekend as Dominique, se uiters skaars mediese toestand gemaak. Sy is in die Ivoorkus gebore.

In die video word verduidelik dat klein Dominique se tweelingboetie of -sussie nie behoorlik in die baarmoeder ontwikkel het nie, maar eerder met haar groeiende lyfie verenig het. In Dominique se geval was haar parasitiese tweeling aan haar rug en skouer vasgeheg.

John R. Ruge, ʼn pediatriese neurochirurg, beskryf die operasie tydens ʼn mediakonferensie (21 Maart 2017). Foto: AP Photo/Teresa Crawford

John R. Ruge, ʼn pediatriese neurochirurg, beskryf die operasie tydens ʼn mediakonferensie (21 Maart 2017). Foto: AP Photo/Teresa Crawford

Sy het dringend ʼn operasie nodig gehad om dié gedeelte van haar tweeling te verwyder. Sonder die operasie sou haar hart en longe vir twee mense moes werk en sodoende haar lewensverwagting verkort het.

ʼn Niewinsgewende organisasie het gehelp dat Dominique van die Ivoorkus na Chicago kon reis waar ʼn span chirurge, ná weke se voorbereiding, op 8 Maart saam ʼn operasie op Dominique uitgevoer het. Dit het die span langer as ses uur geneem om Dominique se tweeling te verwyder en die operasie het sonder enige komplikasies verloop.

Dominique is steeds aan die herstel in die hospitaal en sal binnekort met haar familie in die Ivoorkus herenig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andrea ·

Wonder waarom moes die operasie in die VSA gedoen word en nie sommer in die Ivoorkus nie? Enige verduideliking, iemand? Dalk Helen Zille?

SkarrelKind ·

Andrea, dit was na wraggies skerp. Ek is bly vir die kindjie, maar jou kommentaar was yster! (-:

Verete ·

Wonderlik van die organisasie wat gehelp het dat sy die beste span dokters kon kry om die oprasie uit te voer.

Frikkie ·

Andrea, wat het Helen Zille met dit te doen. Die kleinding is in die Ivoorkus gebore. Wees eerder dankbaar en bly dat die kind gehelp kon word. Wat sou jy in die geval gedoen het as dit jou kind was.

Mike ·

Frikkie lees tussen die lyne. Kolonialisme het vooruitgang en ontwikkeling teweeg gebring.

Anoniem ·

Frik, Andrea is sarkasties. Om dit uit te spel: sy sinspeel daarop dat daar nie die nodige mediese kennis en fasilitete beskikbaar is in die Ivoorkus nie, en bose kolonialiste dus moes help.

snoefie ·

met ander woorde kolonialisme het te vroeg aan die ivoorkus geval. maar dankbaar die kindjie kon gehelp word.

snoefie ·

met ander woorde kolonialisme het te vroeg aan die ivoorkus geval. maar dankbaar die kindjie kon gehelp word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.