Baba ná meer as drie dae uit puin gered

Die babadogtertjie wat uit die puin gered is. Foto: Keniaanse Rooikruis

Die babadogtertjie wat uit die puin gered is. Foto: Keniaanse Rooikruis

ʼn Ses maande oue babadogtertjie is Dinsdag gered uit die puin van ʼn gebou wat Vrydagaand in die Keniaanse hoofstad, Nairobi, ineengestort het.

Die dodetal ná die ineenstorting het intussen tot 23 gestyg met 93 mense wat as vermis aangemeld is. Volgens die Rooikruis in Kenia was die babadogtertjie vir langer as 80 uur in die puin vasgekeer nadat die gebou van sewe verdiepings ineengestort het. Simon Ithae, woordvoerder van die Kenyatta Nasionale-hospitaal waar die baba opgeneem is, het gesê sy het geen sigbare beserings opgedoen nie en word vir dehidrasie behandel.

ʼn Keniaanse hof het intussen beveel dat die twee eienaars van die gebou en 21 regeringsamptenare in polisie-aanhouding bly vir 21 dae terwyl die oorsaak van die ineenstorting ondersoek word. Pres. Uhuru Kenyatta het verlede jaar ʼn oudit laat doen na die toestand van al die land se geboue om te verseker dat dit op standaard is. Die oudit het onder meer bevind dat 58% van geboue in die hoofstad nie geskik is vir menslike bewoning nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Weereens ‘n bewys van die twee uiterstes van lewe. Aan die een kant die broosheid en kwesbaarheid om maklik te sterwe te kom en dan die ander kant die taaiheid om te oorleef onder bomenslike omstandighede. Voorwaar bo die mens se verstand om te verstaan. Nogtans net weer bewyse dat die einde van wonderwerke deur God nie tot ‘n einde gekom het. Ekself is besig om ‘n wonderwerk gade te slaan en te ondervind met die siekte van my vrou. Al sou sy selfs te sterwe kom daaraan is haar herstel die laaste 16dae tot vandag ‘n wonderwerk.
Die pyn is weg en sy gebruik ook vir dae nie meer morfien. ‘n Opflikkering vir breinkanker verstaan ek duur sowat twee dae op die meeste en dan volg die dood.
Na meer as 49jaar getroud is hierdie laaste klompie dae uiters kosbaar. VOORWAAR ALREEDS ‘N WONDERWERK.

Wat-ek-lees ·

EN na meer as 3weke in die hospitaal is haar kanse goed om môre huis toe te kom !!!
Net eenvoudig ‘n WONDERWERK.

Tollies ·

Aan Wat-ek-lees die vrymoedigheid wat jy gehad het om hierdie wonderwerk wat jy beleef hier met ons te deel dra ek jou en jou vrou ook op in gebed

Aan Hom ons Hemelse Vader kom toe alle eer

ek se ook dit was bestem dat die kleine dogtertjie moet lewe

Jo ·

Wat-ek-lees, sterkte aan jou en jou vrou, jy is so reg, wonderwerke gebeur nog daagliks, die krag van gebed is ongelooflik!

Gesiggie ·

Wonderwerk”’ ongelooflik onbeskryflik… Hoe Groot is God, aan Hom al die Lof”’ Die kanse dat n baba vir so lank kan oorleef… sonder kos Geen woorde….ASB Maroela Media laat ons weer n opvolg van die 6 maande oue Baba dogtertjie kry met n foto…. mag sy gou herenig word met haar ouers”’ ek hoop nie hul is beseer.. WAT N OWSOME VERHAAL.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.