Baba-olifant sterf in Zimbabwe

Olifante by Hwange Nasionale Park in Zimbabwe Foto: Hwange National Park

Olifante by Hwange Nasionale Park in Zimbabwe Foto: Hwange National Park

Een van ʼn groep baba-olifante wat in Hwange, Zimbabwe gevang is, om moontlik na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) uit te voer, is dood.

“Vleis van die olifant is onder mense by die boma uitgedeel,” het die Zimbabwe Conservation Task Force (ZCTF), onder leiding van Johnny Rodrigues, gesê.

Dit is moontlik by dié boma waar die olifante by Mtshibi-vangseenheid in Hwange Nasionale Park aangehou word, die land se vlagskip-wildtuin in die droë weste dele van die land.

Die ZCTF het verlede maand berig dat tot 34 baba-olifante, sewe leeus en 10 swartwitpense gevang is vir moontlik uitvoere. Dit was egter nog nie moontlik om enige van die getalle te bevestig nie.

Regeringsbronne het aangedui dat hulle tot dusver slegs van vier olifante gehoor het wat gevang is.

Na bewering is ʼn paar kenners binnekort op pad na Hwange om na die gesondheid van die diere om te sien.

Daar is teenstrydige berigte waarheen die diere op pad is. Volgens sommige berigte is hulle op pa na China en ander berigte voer aan die diere is bestem vir die VAE.

Meer as 100 olifante is verlede jaar in Hwange dood nadat stropers die natuurlike soutlek met sianied besmet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

susan ·

Ek kan net se “laat U koninkryk kom”. Die mens is besig om die skepping van God eiehandig af te breek en te vernietig. Ek word net so hartseer om te sien hoe die diere moet swaarkry onder die hande wat hulle eintlik moet versorg en onderhou.

Sue ·

Is daar niemand wat hierdie barbaarse uitvoere van die diere kan stop sit nie. Ek kry skoon n beklemming om my hart as ek dink wat die arme diere moet deurgaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.