Baba-orangoetang geskiet, in winkel gelos

Didik. Foto: Facebook

Didik. Foto: Facebook

ʼn Baba-orangoetang, wat verlede week in ʼn winkel op die eiland Borneo gevind is, met ʼn koeël in sy skouer, sterk goed aan.

Volgens die organisasie International Animal Rescue het Didik, soos hy genoem word, begin gewig optel en eet hy al verskeie kosse soos wortels, komkommer en piesangs. X-strale het bepaal die koeël min skade aangerig het, maar wel later verwyder moet word.

“Dankie aan almal wat geld gegee het en die liefde en ondersteuning wat ons ontvang vir baba Didik. Sy pad na genesing het egter nou eers begin. Hy moet nog geopereer word, gevolg deur jare se sosialisering en rehabilitasie,” het die organisasie gesê.

Didik is vermoedelik gewond nadat jagters sy ma geskiet het om hom te vang en as ʼn troeteldier te verkoop. Hulle het vermoedelik gesien hy is gewond en besluit om van hom ontslae te raak. Didik het oog- en velinfeksies gehad toe hy gevind is en was so honger dat hy nie sy mond kon oopmaak om te eet nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wonder maar net ·

Die haat en onsinnige moorde op mense in die land is totaal onbeheerbaar. Niks word daadwerklik gedoen om die moordenaars en skurkke te straf nie. Vandag in die hof more uit. Lewens in die land is net mooi niks werd nie. Jy word vermoor vir n verdomde selfoon. En die regering doen net mooi niks om die mense van die land te beskerm nie. Ons en dit maak nie saak van kleur , geloof of ras nie se lewens word nie belangrik genoeg geag om n moordenaar die doodstraf te gee nie. Dit is die dat daar daagliks sulke sinnelose moorde gepleeg word. Wat help dit om enigsens opgewerk te raak? Baie sterkte aan die gesin.

Sus ·

Die duiwel loop verseker los rond…….in die gestalte van menigte mense!

sarie ·

Ag, die arme dingetjie!
Siek, siek, SIEK wêreld waarin ons lewe. Mense sal enige iets doen vir geld.

AG ·

Die outjie lyk baie bekend ……..maar kan nie nou mooi onthou nie!!

Sharpei ·

Wreed verby……..die arme diertjie het dit nie verdien nie….so bly hy/sy word versorg……julle is engele

Di ·

Ja geen mens of dier se lewe is meer ‘n sent werd nie. Dis so tragies dat hierdie tipe mense alles om hulle verwoes vir geld. Glo hulle sal tot hulle eie ma’s se kele afsny vir geld as dit moet, gewetenloos!! Dis net tragies dat hierdie tipe mense net meer en meer word in hierdie wereld. Die duiwel is absoluut los op aarde, verwoes alles

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.