
Prins Harry en Meghan (Foto: AP/Frank Augstein)
Die hertog en hertogin van Sussex, prins Harry en Meghan, se baba is gebore. Dié nuus is op die Britse koninklikes se amptelike Instagram-rekening bevestig.
Die jongste Britse koninklike baba is ʼn seun. Hy is vroeg vanoggend gebore. Die seun weeg 3,3 kg.
“Die hertogin en die baba is albei gesond en vaar goed. Die egpaar bedank die lede van die publiek vir hul gedeelde opwinding en ondersteuning gedurende dié baie spesiale tyd in hul lewens,” lui die verklaring op Instagram.
Die baba se naam is nog nie bekendgemaak nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
45 Kommentare
Arme vrou. Om normaal geboorte te gee is nie vir sissies nie. Hoop alles sal wel wees.
Uiteindelik . . . het self die nuus dopgehou en kon nie meer wag nie, alhoewel ek gedink het dit gaan n dogtertjie wees is die nuus n groot verrassing!
Baie geluk julle . . .
Seuns is n geskenk van GOD , die vrug van die moederskoot n beloning!
Blessings
Ons is deel van die “Kpningkryk” en die lof being!
En genadiglik gaan die baba nou ‘n regte naam en Facebook kry.
Baie geluk!! Het lank gewag om die nuus te hoor. So bly dis ‘n seuntjie!!