Baba Sussex se naam bekend

Prins Harry en sy vrou, Meghan, met hul eersteling, Archie Harrison Mountbatten-Windsor. (Foto: Dominic Lipinski/Pool via AP)

Die naam van prins Harry en sy vrou, Meghan, se nuwe pienkvoet is Woensdagmiddag bekendgemaak.

Die nuutste lid van die Britse koninklike familie sal Archie Harrison Mountbatten-Windsor heet.

Die wêreld het vandag ʼn eerste kykie na prins Harry en Meghan se eersteling gekry. Die hertog en hertogin van Sussex se seuntjie is op 6 Mei gebore en het 3,3 kg by geboorte geweeg.

Koningin Elizabeth II het vanmiddag amptelik haar agtste agterkleinkind by Windsor-kasteel ontmoet. Prins Phillip en Meghan se ma was ook vir dié ontmoeting teenwoordig.

Koningin Elizabeth II ontmoet haar agtste agterkleinkind by Windsor-kasteel. Prins Phillip en Meghan se ma, Doria Ragland, was ook teenwoordig. (Foto: Chris Allerton/SussexRoyal)

Intussen het talle mense Meghan geloof dat sy nie soos prins William se vrou, Kate, enkele ure na prins Louis se geboorte in April verlede jaar die media te woord gestaan het nie. Kritici het gemeen Kate se perfekte voorkoms slegs ure nadat sy geboorte geskenk het, het ʼn onrealistiese beeld van ma’s en onmoontlike verwagting van ander vroue geskep.

Dit is nie bekend hoe lank Meghan uit die openbare oog sal wees voordat sy haar amptelike verpligtinge as hertogin hervat nie.

Harry en Meghan is in Mei 2018 by die St. George’s-kapel in Windsor naby Londen getroud en het in Oktober aangekondig hulle verwag hul eersteling. Die egpaar het in November 2017 verloof geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Alta ·

Nou waar kom die vreemde naam vandaan? Sou ‘n koninklike naam nie meer van pas wees nie? Philip, Henry, Edward, Alfred, Arthur ens ens ens ens

Ben ·

Ag nee, hoeveel van hulle het ons al nie? Welcome on earth, Archie!

Katryn ·

Wat van Jamie Thomas, dan het hy sommer albei oupas se name.

Leah ·

Nee Penny, Archie word einrlik van Archibald afgelei. Artie is van Arthur.

Blouvoet ·

Blommie, ‘n pienkvoet is ‘n baba. Dit dui nie geslag aan nie.

Avon ·

Stem saam. Swak name en pas nie by die van nie. Alexander James Arthur Mountbatton-Winsor sou my keuse wees.

Ben ·

Archie Bunker en Meghan Markle albei bekende filmsterre in Amerika hé hé!

PaulV ·

Ja, AmY, regtig. Mountbatten-Windsor is sy van. Ek moet egter erken; Archie is ‘n vreemde naam vir ‘n koninklike.

Alta ·

Mnr Google se : Mountbatten-Windsor is the personal surname used by some of the male-line descendants of Queen Elizabeth II and Prince Philip, Duke of Edinburgh. Under a declaration made in Privy Council in 1960, the name Mountbatten-Windsor applies to male-line descendants of the Queen without royal styles and titles.

Gerda ·

Vir al MM se brombeertjies en katterige katjies,oor die nuus,julle brom en miauw is vervelig toe, gaan doen ietsie anderste om julle mee besig te hou…

jaco ·

Het sy ras dalk iets daarmee te doen dat hy nie ‘n “royal style and title” kry nie? Die Britte is tog immers die amperse skeppers van diskriminasie teen ander rasse. Dit het dwarsoor hulle empire voorgekom. Baie apartheidswette in SA was ook gebaseer op wette wat die Britse koloniale heersers jare vantevore gemaak het.

Leah ·

Volgens ‘n berig in die Daily Mail, het sy ouers besluit hy moet slegs “Master Archie” genoem word….voel so bierjie of hulle die sisteem uitdaag.

M ·

HOEKOM STEL ONS BELANG IN NUUS HULLE. Siek en sat vir die media wat heel dag oor hulle berig. Hulle is NIKS van ons nie.

PaulV ·

Nou maar wat soek jy dan hier, ‘M’? Hoekom enigsins kommentaar lewer? As jy nie belangstel nie, hou verby!

WJ ·

Ek stem saam. Hoekom moet ek van hulle hoor? Die Britse koningshuis is soos om van die kardashians te hoor. Dit laat my koud.

Rooi ·

Ek dink dis ‘n unieke naam. Dis die kind se wettige ouers wie sy naam gegee het. Elkeen is geregtig om sy eie kind se naam te kies. Jy gaan nie Archie om elke hoek en draai kry nie, anders as meeste Afrikaanse name

Zallas ·

Ek stem saam jou Rooi. Maar so asof mense veral Die “Koningklikes” eers die stamp of approval moet kry vanaf The One and Only S.A om hulle kind ‘n naam te gee ??? Haha dan vra ons wat het met ons land gebeur????

Louis ·

Vernoem hom na een vd Konsentrasiekampe in SA waar julle ons vroue verneder en verhonger en….. het

Bernard ·

Met ons Mausers in die hand reverse ons die toekoms binne ??

Smurfie ·

Hahahaha goei een PaulV…
Altyd iets om voor dankbaar te wees???

Griet ·

Archie…WHOOOOOOO….??
Hy gaan die wêreld se oulikste prince archie windsor ? wees,met sy vere, op andreas se perd,watch it!!!!???

Andreas ·

Griet, ek het vertel my geskenkperd aan die prinsie se naam sou Skimmel-Duke wees, die wat nou my kommentare onderaan vorige berigte gelees het, maar ek het idee ek moet dit verander na, Skimmel-Baron Greenwich. Wat dink jy? Slaan maar goed na waar dit vandaan kom ….

O ‘ja en ek het toe wel hier by ons gompoue met ‘gekleurde’ vere raakgeloop.

Andreas ·

Maar kom ek vertel jou ek het ‘n sagte hart, mens vertrou nie op prinse nie, maar prinsesse. Ek sou dan graag eerder die ander geskenk wou koop, soos daar onderaan ‘n vorige berig kommentaar gelewer.

Griet ·

Briljante…naam dié van SkimmelBaron Greenwich…nes oupagrootjie ???

Pssst…maar die ‘gekleurde veer’ gompou?wat jy raakgeloop het dié fassineer my nou geweldig,andreas..?? Jy gaan die voëlkyk bedryf laat REGOP sit… ??

Griet ·

Pssssssttt…!!!andreas…gompoue seker macow-pappegaaie se eiers vasgelê ?

Griet ·

perfekte naam vir sy skimmel perd,oupa- grootjie gaan veral baie trots voel

Andreas ·

En as hy pronk en die nek op blaas, maar sy naam kry jy nie uit my nie. Hy stap so gegop met ‘n gewakste kuif. Dis nou die gompou mannetjie.

Griet ·

Broer,as mens nou presies dié koddige, humoristiese prentjie,van oom gompou,in pronk,herroep…? dan lees ek,jou gedagtes!
Dankie vir jou+vroulief se bydrae,tot pragtige Afrikaans,uit die natuur se hart uit ?

Viva prins Archie,op sy perd,se maanhare wat waai op vlerke van die wind !

Andreas ·

Dankie Griet, ek sien jy het toe daar gaan beloer, ons waardeer. Ons klein bydrae om Afrikaans lewendig te hou en om al vyf sintuie van mense met die beskrywing van die natuurlewe te bereik.

Beadry van Niekerk ·

Griet lees weer. Hy is nie n prins nie. Nie gister nie nie vandag nie en ook nie môre nie

Andreas ·

Breadry, hy is wel ‘n prins en staan nogal so sewende of agste in die ry.

SHL ·

Nou ja toe, die sirkel is nou voltooi, die foto verewig die gebeure. Die arme kind is benaam en getitel. Hopelik sal ons nie verder geteister word met enige verdere stories nie.

Linda ·

Te oulik vir woorde, n kombinasie van n US naam en n UK naam !!!

Gerda ·

Vir al MM se brombeertjies en katterige katjies,oor die nuus,julle brom en miauw is vervelig toe, gaan doen ietsie anderste om julle mee besig te hou…

Sê maar net ·

Oulike naampie. Hulle wys net weer dat hulle dinge op hulle manier doen en nie alles volgens boek nie. Wat wonderlik is…dis wat hulle so spesiaal maak. Julle gaan wonderlike ouers wees. Geluk en mag hy vir julle baie vreugde bring en ons nog baie van hom sien.

RHG ·

Archibald kan dalk in familie Archie word. Archie as doopnaam? Ek huil my dood. ?

O aarde ·

Archie, na sy pa se rooi hare. Sy boetie sal Jughead wees en sy sussie Veronica of Betty.

Andreas ·

Spelling gaan by tye nie so lekker nie, maar die sleutelbord werk nog, dit hou en dit na 18 jaar! Wie kan dit nadoen? Hier en daar , soos die A, E en S toetse, waarvan die letters amper nie meer sigbaar is nie, het al so ‘n keepie of twee in. Ek het idee dit is soos ek die linkerhand hou as ek tik en dan vang die nael van die middelvinger daardie toetse met reëlmaat.

Karen ·

Genade, dit is darem maar ‘n swaar naam vir so klein seuntjie………..

Db ·

Hoekom nie die gesig oopmaak dat gesien kan word wat daar versteek word.

JohanL ·

Ai hoe lekker lag ek vir meeste mense se kommentaar hier. Ek wonder wat is diegene se kinders se name en of ONS dink DAAI name is gepas? Sien verskeie mense is te skaam vir minstens hul regte name (Smurfie, Mustang, O aarde), maar wil Harry en Meghan kritiseer op hul keuse – siestog.

Geluk Harry en Meghan – mag Archie jul jare van genot verskaf en mag Archie die kritici vir jare nog verder irriteer :) LOL

Sulet ·

Ek dink Harry het ‘n weddenskap verloor dis dat sy kind so snaakse naam gekry het. Of dalk was die kinderboekkarakter Archie, Harry se gunsteling boek toe hy ‘n seuntjie was?

lana ·

baie geluk….pragtige seuntjie…pragtige Naam…. alle voorspoed en seen vir die ouer paar

Francois le Cochon ·

Ek verneem dat Archie nie ‘n titel gaan he^, en net aangespreek word as Master Archie. As hy eendag in die Kaap kom kuier, sal die mense daar hom seker aanspreek as Mastir Atsie!

Pragtig ·

Die naam is mooi, beteken – opreg, braaf en dapper. – Eienskappe wat ‘n ware leier moet hê.

Gerhardb ·

Laat my dink aan ‘Alfred E Newman’ vir die wat sal kan onthou die spotprentjie boek van ‘MAD’….

Jax ·

Regtig n stupid naam! Weet nie wat die ouers besiel het nie! Van al die mooi en sterk seuns-name wat daar is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.