Baba uit swanger VSA-vrou gesny  

Michelle Wilkins. Foto: Facebook

Michelle Wilkins. Foto: Facebook

ʼn Vrou van Colorado in die VSA was sewe maande swanger toe sy op ʼn advertensie gereageer het en haar baba uit haar baarmoeder gesny is.

Fox31 berig die 26-jarige Michelle Wilkins het ʼn advertensie op Craigslist, ’n Amerikaanse advertensieforum, gesien vir babaklere wat te koop was. Wilkins is na die verkoper se huis waar sy met ʼn mes gesteek is en haar babadogtertjie uit haar baarmoeder gesny is.

Wilkins het 911 gebel. Volgens polisiebeamptes was dit een van die ergste tonele wat hulle nog gesien het. Polisiebeamptes het Wilkins geloof omdat sy kop gehou het en dadelik vir hulle kon sê wat gebeur het.

Volgens die berig het Wilkins se babadogtertjie nie oorleef nie. Wilkins is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

Dynel Lane (34), ʼn voormalige verpleegassistent, is intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Die hele wêreld het mal geword ……………………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.