Baba val na haar dood in hysbakskag

Areej Ali (Foto: NY Daily News)

Areej Ali (Foto: NY Daily News)

ʼn Ses weke oue baba is Donderdag oorlede en haar ma in ʼn kritieke toestand ná die ma haar stootwaentjie in ʼn hysbak ingestoot het sonder om te besef dat die hysbak nie op dieselfde verdieping was nie.

Die voorval het Donderdag omstreeks 10:20 (plaaslike tyd) in Brooklyn in New York plaasgevind.

Plaaslike owerhede het gesê die hysbak het vermoedelik tussen die 21ste- en 22ste verdieping van die gebou tot stilstand gekom.

Dié owerhede het ook Dinsdag aan die New York Daily News bevestig die ma was op die 23ste vloer ten tye van die voorval en het minstens twee en ʼn half meter ver, tot op die stootwaentjie, geval.

Die ma en haar oorlede kind is intussen as die 21-jarige Aber Al-Rahabi en Areej Ali geïdentifiseer.

Sea Rise II-gebou waar die voorval plaasgevind het (Foto: NY Daily News)

Sea Rise II-gebou waar die voorval plaasgevind het (Foto: NY Daily News)

The New York Times berig verder dat ʼn meganiese werktuigkundige glo Donderdag besig was om aan die hysbak te werk ná talle klagtes van huurders Woensdag ingestroom het.

Intussen het dit ook aan die lig gekom dat die gebou se veiligsheidsopsigters hulle glo ook skuldig maak aan meer as 50 ander veiligheidsoortredings.

Salah Ali, Rahabi se pa, het aan dié webwerf vertel die familie verkeer in algehele skok. “Sy was nog net ʼn maand oud. Ek kan dit nie glo nie. Dis my kleinkind, ek weet nie hoe verwerk ʼn mens so iets nie,” het hy gesê.

Bron: New York Daily News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jordaan ·

Innige simpatie met die gesin – hier kom sekerlik groot litigasie (soos wat die Amerikaners voor bekend is)

Marcel ·

Ek wil nou nie lelik of iets wees nie, maar hoe loop jy net in ‘n hysbak in sonder om te kyk.

Jy moet mos kyk waar jy loop en of jy nie dalk die hoek gaan stamp van die stootwaentjie as jy ingaan nie, dit maak nie vir my sin dat jy nie sien daar is nie spieëls en dinge voor jou nie.

Was dit ook nie vir haar snaaks toe niemand uitklim by ‘n besige gebou nie, gewoonlik wag jy mos dat mense uitklim en dan klim jy in.

Marcel ·

Ek wil nou nie lelik wees of iets nie.

Maar hoe loop jy by ‘n hysbak in sonder om te kyk waar jy loop. Jy moet mos kyk of jy nie die stootwaentjie gaan stamp iewers as jy inloop of so nie.

En gewoonlik wag jy mos vir die mense om uit te klim voor jy opklim, was dit nie vir haar snaaks dat niemand uitklim by so besige gebou nie.

Marcel ·

Iets maak nie sin hier nie, hoe loop jy by ‘n hysbak in sonder om voor jou te kyk.

Het sy nie agter gekom sy sien nie haarself in die spieëls nie. En ook nie gewag dat mense uitlim voor sy opklim nie, niemand klim uit by die besige gebou nie en sy vermoed niks nie.

Ek wil nie lelik wees nie maar Amerikaners kan maar lekker aan die slaap wees, en nou gaan sy seker ‘n ys instel teen die gebou, maar dis haar eie nalatigheid.

Enige elektroniese ding kan verkeerd gaan, en nou is ‘n lewe ook verloor omdat sy nie haar oë kan oopmaak nie. Ek is skoon kwaad vir die vrou…

Ek wonder ·

Onthou almal het nie ewe goeie sig en veral gesondheid en energie so kort na geboorte nie. Die waentjie het ook waarskynlik uitsig na binne vesper.

charlene ·

Marcel, eenkeer is genoeg!
En nee jy sal my nie glo nie maar `n lift is nie altyd prop vol mense nie. Net soos in SA MOET daar `n nota op die huisbak wees, tegnies moet die ding af wees as jy met hom werk en die deure moet nie oop maak nie…. Ek het nog NOOIT gekyk as die vloer daar is, as ek in `n hysbak klim nie. En ek klim elke dag maklik 5 keer in `n hysbak en het nog nooit gekyk, öoh ok daar is die vloer” ek hoop die familie dagvaar die plek vir alles wat hulle werd is, dis sal nie kleine Areej terug bring nie maar hulle moet `n duur les leer. Daai arme ma het jare van sielkundige hulp wat voorlê en daai plek moet vir alles betaal. !!!!

NICKEY ·

Tien teen een was sy op die ewige selfoon gewees/ dan sien die menseras mos Niks.

susan ·

Marcel en Nickey. Julle is baie gemeen. My magtig sy het haar kind verloor.

Drikus ·

Heng Marcel, hoe gereeld stap mens nie haastig of ingedagte by ‘n vertrek in nie. Dit gebeur so maklik. Dit is uiters tragies en beslis nie die arme ma se skuld nie. Hartseer.

Drikus ·

Asseblieftog Marcel & Nickey, mens loop so maklik ingedagte of haastig by ‘n vertrek in. Dit kon met enigiemand gebeur het. Beslis nie die arme ma se skuld nie. Hartseer.

Drikus ·

Dit kan met enigiemand gebeur. Mens loop gereeld haastig of ingedagte iewers in. Boonop was die babawaentjie ook nog voor haar. Sy kon te laat gesien het dat die gat oop was. Maak geen sin om haar te wil blameer nie. Hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.