
Baba Ziad (regs) en Jaisal Purewal (links) wat 2,8 kg met geboorte geweeg het. Die twee babatjies is twee minute ná mekaar gebore. Foto: 9 News Perth/Facebook
ʼn Ma van Perth in Australië se bondeltjie vreugde het 5,9 kg met geboorte geweeg.
Breanna Sykes, van Carramar in Perth, is gedwing om ʼn keisersnee te hê tydens Ziad Kadic se geboorte. Dié bulletjie is Saterdag om 19:15 gebore.
Volgens Perth Now is Ziad een van die grootste babas wat nog ooit in westelike Australië gebore is. “Een van die dokters het gesê dis die grootste baba wat hy in sy 15 jaar as ʼn dokter gesien het,” het die ma gesê.
ʼn Pasgebore baba weeg gemiddeld net meer as 3 kg.
Dokters het egter aan Sykes bevestig haar seuntjie, wat ongeveer so groot is soos ʼn drie maande oue baba, is “absoluut gesond” en hulle skryf sy buitengewone grootte toe aan gene.
Ma en baba sal na verwagting Dinsdag huis toe gaan.
- Breanna Sykes en haar bulletjie, Ziad Kadic wat 5,9 kg met geboorte geweeg het (Foto: 7 News)
- Ziad Kadic wat 5,9 kg met geboorte geweeg het (Foto: 7 News)
- Breanna Sykes en haar bulletjie, Ziad Kadic wat 5,9 kg met geboorte geweeg het (Foto: Stewart Allen via Perth Now)
- Baba Ziad (regs) en Jaisal Purewal (links) wat 2,8 kg met geboorte geweeg het. Die twee babatjies is twee minute ná mekaar gebore. Foto: 9 News Perth/Facebook
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Ek dink nie dit is baie itsonderlik nie. My vrou is in 1956 te Kurruman normaal gebore (sonder Keisersnit) met die gewig van 12 pond 13 onze of 5,81Kg. Haar Ma kon nie narkose ky nie en moes dit toe natuurlik geskied
Ek was n baba van oor 14 pond en is normaal gebore, vriendin van my se baba was oor 6kg in mid med middelburg en ook normaal gebore.
My jongste kind was 5.2kg.normaal geboorte gegee.
My ouma het ses kinders normaal in die wereld gebring en die ligste een was 13lb. Dit kan gedoen word.
My suster 43 jaar gelede gebore in die hosp my ma kon haar nie by die huis soos die ander kry nie sy was 5 1/2 kg.my ma het gese sy was amper dood so dis nie n grap om so n groot baba te kry nie