Babameisie lewend gevind ure ná motor in rivier beland

Lynn Jennifer Groesbeck en haar dogtertjie Lily. Foto: gofundme.com

Lynn Jennifer Groesbeck en haar dogtertjie Lily. Foto: gofundme.com

ʼn 18 maande oue babameisietjie het wonderbaarlik oorleef nadat die motor waarin sy en haar ma gery het in ʼn ysige rivier in die Amerikaanse deelstaat Utah beland het en sy langer as 12 uur onderstebo in die motor vasgekeer was.

Fox News berig ʼn visserman het op die motor afgekom. Die baba se ma, Lynn Jennifer Groesbeck (25), is in die ongeluk dood. Volgens die berig het die ongeluk laat Vrydagaand plaasgevind en is die 18 maande oue Lily eers Saterdagmiddag gevind waar sy onderstebo in haar motorstoeltjie gehang het.

Lily is in ʼn kritieke maar stabiele toestand na die Pimary-kinderhospitaal gevlieg. Volgens die berig was die rivier se water so koud dat agt nooddienswerkers Saterdag vir hipotermie behandel moes word.

Volgens die polisie het Groesbeck se motor vermoedelik teen ʼn sementversperring op ʼn brug gebots voor die motor in die rivier beland het. Sy en Lily het glo by haar ouers gekuier en was op pad huis toe, toe die ongeluk gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

RK ·

Daai was niks minder as ‘n engel deur Die Vader gestuur om jou te beskerm…

Janine N ·

Dis hartseer dat die mamma nie hierdie engeltjie gaan sien grootword nie. :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.