Babanuus vir Paris Hilton

Paris Hilton. (Foto: Xavier Collin/Image Press Agency/NurPhoto/AFP)

Paris Hilton spog nou met ’n splinternuwe titel agter haar naam – dié van ma.

Die 41-jarige Paris het pas ’n seuntjie saam met haar man, Carter Reum, via ’n surrogaat verwelkom.

“Dit was nog altyd my droom om ’n ma te wees. Ek is so bly dat ek en Carter mekaar gevind het,” het sy vroeër aan People gesê.

“Ons is opgewonde om ons gesin saam te begin en ons harte bars van liefde vir ons babaseuntjie.”

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Paris Hilton (@parishilton)

Bekendes soos Demi Lovato, Kim Kardashian, Heidi Klum en Miranda Kerr het die egpaar op Instagram gelukgewens.

“So gelukkig vir julle twee,” het Kardashian geskryf, terwyl Klum die egpaar “baie liefde” toegewens het.

Paris het reeds in Desember verlede jaar in ’n onderhoud met People verklap dat sy en Carter graag ouers wil word en dat hulle vroeg in 2021 met in vitro-bevrugting (IVF) begin het.

“Ons het geweet dat ons met ’n gesin wil begin, en ek het gedink die tydsberekening is perfek. Onder normale omstandighede is ek 250 dae uit die jaar op ’n vliegtuig, daarom het ek gedink ons moet die eiers solank gereed kry.”

Paris en Carter het in 2021 verloof geraak en is in November daardie selfde jaar getroud.

Paris het in ’n episode van die rofstoeiers Nikki en Brie Bella se podsendingreeks, The Bellas Podcast, haar opgewondenheid oor ’n gesin uitgespreek.

“Ek is mal daaroor om getroud te wees. Dit voel asof ek my perfekte pasmaat gekry het en ek voel so veilig. Ek kan nie wag om met ’n gesin te begin nie.”

Bykomende bronne: People, E! News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek het altyd duim vasgehou Paris word die moeder van my kleinkinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.