Babaseuntjie sonder neus gebore

Eli Thompson. Foto: Facebook

Eli Thompson. Foto: Facebook

Eli Thompson is sonder ʼn neus gebore weens ʼn uiters seldsame toestand wat sowat een uit elke 197 miljoen babas raak.

Die webwerf al.com berig Eli is op 4 Maart in die South Baldwin-hospitaal in die Amerikaanse deelstaat Alabama gebore. Hy ly aan aangebore arhinia. Eli het dadelik deur sy mond begin asemhaal. Daar is egter later ʼn gaatjie in sy keel gemaak om met sy asemhaling te help. Eli is vroeër die week uit die hospitaal ontslaan.

Brandi McGlathery, Eli se ma, het aan aL.com gesê vir haar en haar man, Troy Thompson, is Eli “perfek nes hy is”. “Ek wil nooit hê hy moet dink hy is nie mooi nie want hy is.”

Eli se ouers het ook besluit dat hy nie plastiese chirurgie sal ondergaan voor hy oud genoeg is om self die besluit te maak nie.

’n Facebook-groep is intussen vir Eli gestig en verskeie geldinsamelingsinisiatiewe is begin om te betaal vir sy mediese onkoste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wally ·

Die mediese wetenskap is al so ver gevorder dat Eli werklikwaar ‘n kans gegun moet word om behandel te word – so gou as wat dit moontlik is.

Christine ·

Siestog, hul moet sy neusi laat doen voor hy groot genoeg is om met ander maaitjies te meng! Kinders kan wreed wees, en hy is so mooi!!!

Peet Schabort ·

Op die eerste foto lyk hy vir my na ‘n regte klein WYSNEUS en ek spot nie met die kleinding.
Gee hom so gou as moontlik sy neus en hy sal bewys wat ek pas gesê het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.