Baie beseerdes weens Griekse aardbewing

Foto: Inwoners van ‘n Griekse eiland oornag buite (Twitter)

Foto: Inwoners van ‘n Griekse eiland oornag buite uit vrees dat verdere skuddings geboue kan laat ineentuimel (Twitter)

Aanvanklike berigte dat die aardbewing Saterdag van 6,9 op die momentmagnitudeskaal in Griekse gebiedswater in die Egeïese See min skade of beserings opgelewer het, was verkeerd.

Die skade en beserings het veral in die Turkse stad, Cannakale voorgekom, waar 278 mense beseer is. Twee kerke en tien Moskees is in ‘n mindere of meerdere mate beskadig.

Op een van die Griekse eilande naby die episentrum is ‘n Britse toeris beseer nadat ‘n plafon op hom geval het. Een persoon is na die aardbewing aan ‘n hartaanval dood.

Naskokke het nog deur die nag voorgekom, en talle mense het in tente geslaap uit vrees dat verdere skuddings geboue kan laat ineentuimel.

Die skudding het in die Noord-Anatoliese verskuiwingsvlak voorgekom. Hoewel heelwat aardbewings deur dié verskuiwingsvlak veroorsaak word is dit nie die hoofverskuiwingsvlak tussen Europa en Afrika nie. Verskeie aardbewings het vanjaar reeds op die gedeelte van die Afrika-Europa verskuiwingsvlak voorgekom, bekend as die Helleense Boog. In Januarie het ‘n aardbewing van M6,1 naby die dorp Lixourion op die eiland Caphalonia aan die westekant van die Griekse skiereiland voorgekom, en groot skade aangerig. Naskokke het tot onlangs nog gereeld in die gebied voorgekom.

Bron: Earthquake-Report.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.