Baie gebruik laggas om partytjies op te kikker

laggas 2Is ‘n opskop te saai om die gemoed bietjie te lig? Geen probleem nie, neem net ʼn teug of wat laggas, en die partytjie is ‘n hele ander gedoente.

Só glo baie jong Amsterdammers blykbaar volgens navorsing wat pas bekend gestel is.

Laggas, of te wel, distikstofmonoksied is maklik en wettig vekrygbaar, maar nié as partyjiedwelm nie. Die “probleem” word oorkom deur die doepa in ballonne te spuit, en so na partytjies saam te neem.

In 2008 het nog net 3% van die rinkinkers laggas gebruik, maar in 2013 het dit al tot 33% gestyg. Byna 60% van die skoliere het al darvan gebruik. Boonop word dit dikwels saam met Ecstasy-dwelmmiddels en alkohol gebruik.

Benewens die algemene nadele van laggas, kan die langdurige gebruik daarvan tot gebrek aan Vitamien B12 lei, en die gebruiker al laggende na sy graf stuur.

Verslag in Trouw kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.