Baie Yanks wil ruimtereis onderneem

Spaceport AmericaAltesaam 39% van volwasse Amerikaners sal graag ‘n ruimtereis wil onderneem as hulle dit kan bekostig, het die peilingsagentskap, Rasmussen, in ‘n telefoniese peiling bepaal.

Altesaam 55% van die ondervraagdes wil egter beslis nie moeder aarde verlaat nie, nie eens tydelik nie.

Die peiling is gedoen nadat die stigter van Virgin Galactic, Richard Branson, aangedui het hy beplan om teen die einde van vanjaar self ‘n passasier in SpaceShip 2 te wees. Virgin Galactic wil, as toetsvlugte suksesvol verloop, teen die einde van die jaar met kommersiële ruimtevlugte begin.

Virgin Galactic het reeds verskeie ooreenkomste, onder meer met die federale lugvaartowerheid, gesluit om vir sy vlugte voorsiening te maak. Kommersiële vlugte sal van sy Spaceport America in New Mexiko onderneem word.

Meer as 600 mense het reeds kaartjies vir hierdie ruimtevlugte gekoop. Dit jaag die voornemende reisigers $250 000 (bykans R2.7 miljoen) uit die sak.

Een van die bekende reisigers wat die ruimte saam met Branson gaan aandurf, is die akteur Leonardo DiCaprio.

Meer kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.