Bali se vulkaanstatus verlaag

Mount Agung in Bali, Indonesië (25 Oktober 2017) AP Photo/Firdia Lisnawati, File

Owerhede in Indonesië het die status van die Mount Agung-vulkaan in Bali van die hoogste vlak verlaag ná ʼn beduidende afname in aktiwiteit.

Meer as 140 000 mense het van Mount Agung gevlug nadat die vulkaan se status op 22 September na die hoogste vlak verhoog is.

Kasbani, ʼn vulkanoloog van die regering, het Sondag gesê die besluit is gemaak om Agung se status te verlaag ná verskeie wetenskaplike aanwysers getoon het dat die aktiwiteit in die vulkaan drasties afgeneem het. Hy het gesê die vulkaan se gevaarsone is ook van 12 km na 7.5 km van Agung se krater verklein.

Die staatsvulkaanagentskap het gesê inwoners wat ontruim is, maar nie in die nuwe gevaarsone bly nie, kan terugkeer huis toe. Hulle word steeds gemaan om nie naby die krater te kom nie. Rook borrel steeds by die vulkaan uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.