Bali-tasmoordenaar nou vry

Die Amerikaner Heather Mack (25) is op grond van goeie gedrag uit ’n tronk in Indonesië vrygelaat. Hier verlaat sy ’n immigrasie aanhoudingsfasiliteit in Bali. (Foto: Sonny Tumbelaka / AFP)

Heather Mack (25), die Amerikaanse vrou wat ses jaar gelede saam met haar kêrel aan die moord op haar ma skuldig bevind is, is Vrydag op grond van “goeie gedrag” drie jaar vroeër uit ʼn tronk in Indonesië vrygelaat.

Dit is nie in dié stadium duidelik wanneer Mack na die VSA gedeporteer sal word en of haar sesjarige dogter saam met haar sal gaan nie.

Mack was ten tyde van die moord swanger en haar dogtertjie is die afgelope ses jaar in ʼn kinderhuis in Indonesië grootgemaak.

Maroela Media het vroeër berig Mack en haar kêrel, Tommy Schaefer, het die 62-jarige Sheila von Wiese Mack in 2014 by ʼn luukse oord in Bali vermoor, haar liggaam in ʼn tas gestop en dié op ʼn taxi gesit.

Schaefer het Von Wiese Mack ná ʼn rusie met ʼn vrugtebak doodgeslaan waarna Mack haar kêrel gehelp het om van haar ma se liggaam ontslae te raak.

Mack is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis terwyl Schaefer 18 jaar moet uitdien.

AFP berig die verkorting van vonnisse is nie ongewoon in Indonesië nie.

ʼn Tronkbeampte, net bekend as Lili, sê Mack het oor die afgelope ses jaar “baie verander”.

“Terwyl sy in die tronk was, het sy altyd ons voorligtingsprogramme gevolg en kerksessies bygewoon.”

Lili sê Mack was “effens geskok en emosioneel” oor haar vrylating.

“Sy was huiwerig en bang, maar ons het haar opgebeur.”

Mack het ʼn sonbril gedra toe sy van ’n aanhoudingsfasiliteit na ʼn voertuig van immigrasiebeamptes gehaas is.

Soos hulle weggery het, het sy glo “dankie Indonesië” in die eiland se plaaslike taal gesê.

Sy wag nou om te hoor wanneer sy na die VSA sal moet terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Heinrich ·

Ai dat iemand se lewe net 3 jaar agter tralies werd is…

Cherokee ·

Sien, dit is hoe stories verdraai word. Jou duimoppers glo jou nogal.

Magda ·

Gaan soos in SA SE regstelsel. Lewe niks werd ni. Sies Indonesia

H.A. ·

Sy is nou ook n legende. Alle moordenaars en diewe raak later mos legendes.

Cherokee ·

Weet nie of jy reg is by kriminele nie, maar dit is die waarheid dat die joernalistiek vassteek by een woord, en dit sodoende niksseggend maak.

Frank John ·

Is sy gerehabiliteer? Het sy berou? Hoekom het hulle gedoen wat hulle gedoen het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.