Bangladesj-gyselaardrama: Ses skieters dood, 13 gyselaars gered

Bangladesjiese soldate in die gebied in Dhaka waar die restaurant geleë is waar swaar gewapende militante talle persone gyselaar gehou het (2 Julie 2016) Foto: AP Photo

Bangladesjiese soldate in die gebied in Dhaka waar die restaurant geleë is waar swaar gewapende militante talle persone gyselaar gehou het (2 Julie 2016) Foto: AP Photo

Bangladesjiese magte het ʼn luukse Dhaka-restaurant Saterdagoggend bestorm waar swaar gewapende militante talle persone gyselaar gehou het.

Minstens ses van die aanvallers is dood en 13 mense, waaronder uitlanders, as gyselaars geneem het.

Die hele operasie het 10 ure lank geduur.

Ongeveer 35 persone is aangehou, waaronder 20 uitlanders, toe die gewapende mans Vrydagaand op die Holey Artisan-bakkery in Gulshan, ʼn diplomatieke sone in Dhaka, toegeslaan het.

Lt.kol. Tuhin Mohammad Masud, bevelvoerder van die blitsbataljon, het aan die Associated Press gesê daar is lewensverliese onder die gyselaars, maar het nie verdere besonderhede gegee nie.

Een van die persone wat gered is, is ʼn Japannees wat beseer is en twee persone van Sri Lanka. Sommige van die militante is in hegtenis geneem, het hy bygevoeg.

Die Islamitiese Staat (Isis) het verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval, volgens die SITE-intelligensiegroep wat jihadis aanlyn monitor.

Sumon Reza, wat in die kombuis van die restaurant werk en kon ontsnap, het gesê die aanvallers het “Allahu Akbar” (god is groot) geskree en ʼn paar skote in die lug gevuur toe hulle Vrydagaand omstreeks 21:20 toegeslaan het.

Die nasionaliteite van die gyselaars is nog nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.