Banksy-posseëls gedenk een jaar van konflik

Posseëls van ʼn muurskildery deur die bekende Britse graffiti-kunstenaar Banksy ter herdenking van Rusland se inval van Oekraïne. (Foto: Dominika Zarzycka/NurPhoto via AFP)

Oekraïne het nou posseëls van ʼn muurskildery deur die bekende Britse graffiti-kunstenaar Banksy uitgereik ter herdenking van Rusland se inval van dié land een jaar gelede.

Die betrokke muurskildery beeld ʼn man uit wat net soos die Russiese president Wladimir Poetin lyk en tydens ʼn judo-geveg deur ʼn jong seun ore aangesit word.  Poetin is bekend daarvoor dat hy ʼn swart gordel in judo het en ʼn groot bewonderaar van gevegskuns is.

Die jong seun in die skildery verteenwoordig Oekraïne.

(Foto: Dominika Zarzycka / NurPhoto / NurPhoto via AFP)

Dié skildery is die afgelope jaar deur Banksy op ʼn muur van ʼn bouval in die dorp Borodianka, noordwes van die hoofstad Kiëf, aangebring waar baie geboue aan die begin van die konflik deur Russiese vliegtuie in puin gelê is.

Honderde inwoners van Kiëf het Vrydag na die poskantoor op die stad se sentrale plein, die Maidan, gestroom om die nuwe posseëls te koop.

(Foto: Dominika Zarzycka / NurPhoto / NurPhoto via AFP)

ʼn Oekraïner genaamd Swetlana (50) was een van dié wat in rye gestaan het om haar hande op die unieke posseëls te lê. “Ek wil graag een hê omdat ek die Oekraïense gewapende magte ondersteun” en “die stempel op ʼn historiese oomblik gedruk word”.

’n Jong Oekraïner genaamd Maxime het op haar beurt gesê sy is verheug om ʼn “eerste seël van een van Banksy se werke” te sien.

“Dit is ʼn baie gawe gebaar vir die wêreld om Oekraïne te verstaan en te sorg dat ons in die kollig bly,” het die 26-jarige vrou aan AFP gesê.

(Foto: Dominika Zarzycka / NurPhoto / NurPhoto via AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Ons moet ook so n seel kry vir al die nonsense wat ons mee gellef het sedert 94

Pampoen ·

Ek sal ook graag so n seel of koevert met ‘n seel wil he. Waar kry mens dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.