Barbara Bush sterf

Barbara Bush via @SenBryanHughes / Twitter

Barbara Bush, vrou van ʼn voormalige president van Amerika, George HW Bush, is Dinsdag in die ouderdom van 92 dood.

Die Bush-familie het haar dood bevestig.

Jim McGrath, woordvoerder vir die familie, het Maandag reeds in ʼn verklaring gesê sy was baie sieklik en verswak, maar het verdere mediese behandeling van die hand gewys.

Sy is al ʼn paar keer in die hospitaal opgeneem, maar het besluit om eerder te fokus op sorg wat haar gemaklik sal hou, as bykomende behandeling. Barbara word al dekades lank vir Grave se siekte, wat die skildklier aantas, behandel. Sy het ook ʼn hartoperasie in 2009 ondergaan.

Barbara en George HW Bush het in 2017 by die Super Bowl ʼn staande toejuiging ontvang nadat hulle albei uit ʼn Houston-hospitaal ontslaan is om verskillende redes. Barbara het in daardie stadium bronchitis gehad. Sy het in Oktober ʼn konsert by Texas A&M-universiteit bygewoon om geld in te samel vir orkaanverligting.

Barbara, van Houston, was een van slegs twee presidentsvroue wat ook die ma van ʼn president was. Die ander was Abigail Adams, vrou van John Adams, die land se tweede president, en ma van John Quincy Adams, die sesde president.

Barbara en George HW is op 6 Januarie 1945 getroud. Hulle het ses kinders.

George HW (93) ly aan Parkinson se siekte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johannes ·

Vergelyk Mev. Bush nou met winnie mandela…. wonder wie verdien dan respek en meegevoel.

AJ ·

Formidabele vrou!

Die stille krag agter 2 van die magtigste mans op die planeet.

Die anker van die Westerse beskawing!

DANKIE Barbara Bush!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.