Barbie vereer koningin Elizabeth II met pop

(Foto: skermgreep/New York Post/Twitter)

As jy dol is oor die Britse koninklikes kan jy binnekort vir jou ’n Barbie-weergawe van koningin Elizabeth II aanskaf.

Ter viering van haar 96ste verjaardag en die 70ste jaar op die troon is die koninklike ouma vereer met haar eie Barbie-pop, uitgevat in ’n ivoorkleurige rok, blou ampserp en pragtige kroontjie wat geskoei is op die kroon wat sy op haar troudag gedra het.

Prof. Kate Williams, skrywer van Our Queen Elizabeth, het aan People gesê dat dit wonderlik is dat ’n handelsmerk soos Barbie die koningin, wat al sedert 1952 op die troon is, vereer.

Sy het verder gesê dat die koningin haarself gewy het aan diensbaarheid en dat sy talle van die wêreld se grootste veranderings self waargeneem het.

Barbie se huldeblykreeks is verlede jaar bekend gestel en het reeds die Barbie-weergawe van die ikoniese aktrise, Lucille Ball, op die rakke gesit. Dié pop, wat vir $40,00 (sowat R610,31) deur Mattel Creations verkoop word, is egter reeds uitverkoop.

Die Lucille Ball-Barbie is egter steeds op Amazon beskikbaar en mense wat graag so poppie vir hulself wil aanskaf, gaan ’n minimum van $61,77 (ongeveer R942,47) moet opdok.

Belangstellendes sal ook ʼn stewige prys vir koningin Elizabeth II se pop moet betaal, aangesien dié een jou $75 (sowat R1 144,33) uit die sak gaan jaag.

Die pop word deur Amazon, Walmart, Target en Mattel verkoop. Koningin Elizabeth II se pop is egter reeds op Amazon uitverkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pietertjie

‘n Baie vleiende weergawe!

Sarie

Die pop lyk meer na n mens

Truthful

Dankie..maar nee dankie tog…..

Annelize

Die pop weergawe lyk vir my meer na Helen Mirren.