Barcelona: Voertuig ploeg in toeriste

Polisie hou mense weg van die toneel. Foto: AP Photo/Manu Fernandez.

Talle mense is beseer toe ʼn voertuig in ʼn groep voetgangers, toeriste en inwoners in Barcelona, Spanje, ingejaag het.

Die voorval het glo in Las Ramblas plaasgevind.

Plaaslike polisie het in ʼn twiet laat hoor: “Daar was pas ʼn reusevertrapping by Las Ramblas in Barcelona deur iemand met ʼn voertuig. Daar is beseerdes.”

In ʼn foto wat deur hul nasionale uitsaaier RTVE gewys is, kan gesien word hoe drie mense op die grond lê in die noordelike Spaanse stad. In video’s van die toneel kan gehoor word hoe mense skree voor hulle van die toneel probeer vlug.

‘n Deel van die straat wat gesluit is. Foto: Foto: AP Photo/Manu Fernandez.

Die straat, winkels in daardie straat asook nabygeleë metrotreine is gesluit en mense is versoek om die toneel te verlaat om nie nooddienste se weg te versper nie.

Die straat is ʼn groot toeristeaantreklikheid waar toeriste in die middel daarvan kan loop en inkopies doen, maar motors tog aan weerskante kan ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Isis sit natuurlik nou opgewonde en wag vir ‘n geleentheid om skuldig te pleit.

Leonie ·

Wil bietjie meer sien van ongeluke wat op ons N12 gebeur van delmas na kemptonpark toe asb.

Stephen Namibia ·

Die Weste voer hulle in. Hanteer maar die probleem wat julle self veroorsaak. Siek vir die “Liberals”!

D. ·

Was daar enige SA’ners dalk? My broer is op toer deur Europa en ek het lanklaas van hom iets gehoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.