‘Batman’-skieter skuldig aan moord

James holmes. Foto: RJ Sangosti/The Denver Post, Pool via AP

James holmes. Foto: RJ Sangosti/The Denver Post, Pool via AP

James Holmes (27) wat in 2012 in Colorado tydens die bekendstelling van ’n nuwe Batman-rolprent op teatergangers losgebrand en twaalf mense doodgeskiet het, is deur ’n jurie aan moord skuldig bevind.

Die jurie het Holmes se verweer dat hy skisofrenies en nie toerekeningsvatbaar is nie, verwerp. Twee psigiaters wat deur die staat as getuies geroep is, het vroeër bevind Holmes is wel toerekeningsvatbaar.

Die jurie moet nou besin oor die doodstraf of lewenslange gevangenisstraf vir Holmes.

Bron: ANP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annette ·

Mens kan met die blote oog sien die ou is nie lekker nie….g’n normale mens tree op soos hy nie…kyk net die wilde kyk in sy oe en daai hare!

CHRISTA ·

Pas die doodsvonnis toe!! Dit sal die volgende barbaar wat oorweeg om so iets aan te vang 2 keer laat dink!! Hy vermoor 12 mense en nou moet hy nog vir die res van sy lewe gratis losies en mediese sorg kry? NEE, spandeer liewer daardie geld aan hulpbehoewendes!!!

oo7 ·

Hierdie is ‘n goeie voorbeeld hoekom doodsstraf nie weggevat moes word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.