Batman vier 80ste met verligte teken in stede wêreldwyd

Die Batman-teken is ook in Johannesburg vertoon (Foto: DC Batman/Twitter)

Naguile in verskeie stede wêreldwyd, waaronder Johannesburg, het Saterdagaand dalk gewonder of Batman in hul buurt is, toe sy bekende vlermuisteken op geboue vertoon het om 80 jaar van dié DC Comics-superheld te vier.

Foto’s op sosiale media wys die held se ikoniese teken op geboue onder andere in Melbourne, Tokio, Johannesburg en Berlyn.

DC Comics het in ʼn verklaring op sy webwerf gesê hy het met duisende strokiesprenthandelaars, boekwinkels, skole en biblioteke wêreldwyd hande gevat om geleenthede te hou om die herdenking te vier.

Batman het in 1939 vir die eerste keer in die “Detective Comics”-reeks verskyn en is een van die wêreld se bekendste superhelde. Hy was die inspirasie vir verskeie flieks, van die 1960’s tot hedendaagse rolprente met Adam West, George Clooney en Christian Bale in die Batman-uitrusting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

En hoe oud is Jane? Sy’t allie jare saam met Tarzan gefight. Seker ôk al tagtig. Maar nog net so fiks!~

Fanie ·

Batman moet ‘n bietjie in SA kom help. Hie is baie booswigte wat aan die pen moet ry. Dít sluit die regering in.

WMirabilis. ·

Batman moet dit liewers nie waag nie, die zenofobie lê nog vlak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.