Battery-aangedrewe gesigmasker binnekort beskikbaar

Die PuriCare- draagbare lugsuiweraar (Foto: Verskaf)

Dit lyk of LG Electronics hom glad nie laat stuit deur die Covid-19-pandemie nie, maar eerder die geleentheid aangryp om nog ʼn innoverende uitvindsel bekend te stel. Hierdie keer is dit ʼn battery-aangedrewe gesigmasker.

Die maatskappy se nuwe uitvindsel staan bekend as die PuriCare- draagbare lugsuiweraar en bestaan uit ingeboude waaiers en filters wat soortgelyk is aan LG se lugsuiweraars wat in huise geïnstalleer word.

“Danksy die jongste vooruitgang van LG met betrekking tot lugsuiwering en hoëprestasie- vervangbare filters kan die PuriCare- draagbare lugsuiweraar skoon lug binnens- en buitenshuis lewer,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.

Die PuriCare- draagbare lugsuiweraar (Foto: Verskaf)

Luidens die verklaring asem gebruikers van dié masker skoon en gefiltreerde lug in deur middel van die masker se dubbele waaiers en die gepatenteerde respiratoriese sensor. Dít terwyl die respiratoriese sensor die siklus en volume van die gebruiker se asemhaling waarneem en die dubbele driespoedwaaiers daarvolgens aanpas.

“Die waaiers versnel outomaties om luginname (inaseming) te bevorder en verlangsaam dan om uitasemingsweerstand te verminder. Dié hele proses laat asemhaling sonder inspanning verloop.”

Die PuriCare- draagbare lugsuiweraar (Foto: Verskaf)

Volgens LG pas die masker boonop gemaklik dog ferm op die gebruiker se gesig om luglekkasies rondom die neus en ken te verminder. “Die ontwerp maak dit ook moontlik om [die masker] vir ure aaneen gemaklik te dra.”

Luidens die verklaring kan die masker wanneer dit volgelaai is vir agt uur op die lae verstelling en twee uur op die hoë verstelling gebruik word. Die masker kom ook in ʼn houer wat help om higiëne tussen gebruiksessies te handhaaf.

Die PuriCare- draagbare lugsuiweraar (Foto: Verskaf)

“Die houer is toegerus met UV-LED-ligte wat skadelike kieme doodmaak en selfs die masker laai, asook ʼn kennisgewing na LG se ThinQ-app stuur wanneer die filters vervang moet word.”

Die maskers se filters en oorlussies is ook vervangbaar en herwinbaar.

Die PuriCare- draagbare lugsuiweraar sal teen die vierde kwartaal in uitgesoekte markte beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

LG moet ook n verkoeler inbou om te verseker dat die sneeuvlokkies wat dit gaan dra, nie smelt nie.

Jan ·

Gesonde mense dra maskers – om onderdanigheid te toon, angs te skep wat immuniteit aftakel, maskervervaardigers se sak te pas en die wêreld met nog afval te besoedel.

Esta ·

Maak een wat suurstof verskaf, want dis wat jy nodig het as jy ‘n masker dra…

Martie Smartie ·

Briljant! Nou kan die Chinese dit namaak en ons almal koop dan die namaaksels en die Chinese maak nog meer geld uit die virus gemors wat hulle veroorsaak het. Briljant man!

Brenda ·

Wow fantasties!
Gaan seker onbekostigbaar wees vir meeste van ons.

Stof ·

Van my kollegas wat saam met my in terapie werk, noem ‘n masker ‘n lieglappie, en die publieke vertoon daarvan in die publiek, ‘n leuen.
Die enigste rede waarom hulle nie ernstig opgeneem word nie, is omdat hulle gekwalifiseerde terapeute en medici is, en nie politici nie…

Andrew ·

Dra jou “high tech” masker en speel elke jaar die elf gedurende kers tye,… en enige ander tyd waar n elf dalk sou benodig word.

Veronika ·

Seker weer teen ‘n prys wat ons gewone mense nie sal kan bekostig nie.

Adam Adriaan ·

Sal bly wees as ons die korrupt aangedrewe regering met in battery aangedrewe een kan vervang

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.