Becker skuldig bevind tydens bankrotskap-saak

Boris Becker (2019) (Foto: Sven Mandel, eie werk via Wikimedia Commons)

Die voormalige Wimbledon-kampioen Boris Becker is Vrydag skuldig bevind op vier aanklagte met betrekking tot sy bankrotskap in 2017.

Die 54-jarige Duitser is daarvan beskuldig dat hy miljoene pond se bates, insluitend twee Wimbledon-trofeë, versteek het om betaling van sy skuld vry te spring.

ʼn Hof in Londen het hom skuldig bevind op aanklag dat hy eiendom verwyder het, twee aanklagte dat hy versuim het om eiendom bekend te maak en skuld weg te steek. Hy is op 20 aanklagte vrygespreek.

Becker, wat al sedert 2012 in Engeland woon, is op 29 April in dieselfde hof vrygelaat op borgtog.

Hy is nog nie gevonnis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.