Bedreigde seeskilpaaie se eiers gesteel

Leerskilpad Foto: Steve Garvie van Dunfermline, Fife, Skotland via Wikimedia Commons

ʼn Beloning is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die persoon wat dosyne eiers van ʼn bedreigde seeskilpadspesie op ʼn strand in Thailand gesteel het.

Die eiers van die leerskilpaaie is Sondag voor sonsopkoms van ʼn strand in Phang-nga gesteel, het Pratom Rassamee, hoof van die provinsiale mariene- en kushulpbronnekantoor gesê.

“Dit is ʼn uiters kommerwekkende voorval vir mariene bioloë soos ek en plaaslike inwoners naby die strand,” het Thon Thamrongnawasawat, een van Thailand se top- mariene bioloë, gesê. “Ons glo minstens 50 van die kosbare eiers het verdwyn.”

Plaaslike inwoners het 50 000 baht (meer as R23 000) aangebied as beloning om die diewe aan te keer. Die provinsiale owerhede het die bedrag geëwenaar en 100 000 baht (ongeveer R47 000) word dus aangebied vir inligting.

Die eiers word deur die wet beskerm en die diefstal daarvan of besit van die eiers kan drie tot 15 jaar tronkstraf en ʼn boete van 300 000 baht tot 1,5 miljoen baht beteken.

“Die polisie is op soek na die diewe,” het Pratom gesê. “Die dier is geliefd onder die mense wat hier woon.” Kringtelevisiebeeldmateriaal kan dalk leidrade verskaf aan die polisie.

Die Stille Oseaan-leerskilpad is die wêreld se grootste seeskilpad en ʼn kritiek bedreigde spesie. Die skilpad se neste is vyf jaar lank nie in Thailand opgemerk nie, tot Januarie 2019. Hulle verdwyn weens aanvalle deur roofdiere, uitermatige visvang, diefstal van hul eiers vir kos en ʼn toenemend onvanpaste natuurlike omgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ES ·

Begin by die straatkos-stalletjies en arresteer die mense wat die skilpad eiers as straatkos aanbied.

Ons het dit baie gesien toe on in Patong vakansie gehou het in 2017.

Elvira ·

Kan mense in hierdie land nie net ophou om kwaad te doen nie. Maak mens moedeloos.

Jessica ·

Scramble eggs for breakfast this morning in Thailand, disgusting people that do this by stealing the eggs, hope the find the culprit before it get’s eaten.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.