Bedreigde skilpadwyfie sterf

Navorsers lig bedreigde Yangtze-reusesagtedop-skilpadwyfie uit die water (Foto: ANA)

Die enigste oorlewende Yangtze-reusesagtedop-skilpadwyfie het Saterdag in die Suzhou-dieretuin in Suid-Sjina gesterf.

Die wyfie was een van die enigste vier van dié skilpaaie wat sover bekend nog leef. Die Suzhou-dieretuin, wat die wyfie gehuisves het, het ook’n Yangtze-reusesagtedop-skilpadmannetjie. Die ander twee skilpaaie is in Viëtnam. Hulle geslag is egter onbekend.

Kundiges het glo reeds die nodige tegnologie ingespan om die wyfie se eierselle vir toekomstige navorsing te bekom.

Die People’s Daily in Sjina het berig dat die wyfie al ouer as 90 jaar was en kort voor haar dood ’n vyfde poging tot kunsmatige bevrugting ondergaan het.

Volgens die People’s Daily het ’n mediese ondersoek bevind dat die wyfie gesond was voor die kunsmatige bevrugting en dat die prosedure glad verloop het. Die wyfie het tragies die volgende dag gesterf.

Die Yangtze-reusesagtedop-skilpaaie vind hul oorsprong in Sjina, en is onder meer in die Yangtze-rivier, Taihu-meer, te vind. Daar word dikwels na hierdie spesie verwys as die mees bedreigde skilpadspesie in die wêreld.

Die Suzhou-owerhede sê Sjinese en buitelandse kundiges ondersoek tans die oorsaak van die skilpadwyfie se dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JAN ·

Stil heen gaan en sterf doen gewone mense gewoonlik maar diere vrek.
Feminisme gaan te ver. Hmm

Maljan ·

Hoekom altyd met die natuir interbliiiii? Mannetjie, wyfie. Laat die natuur sy loop neem.

GM ·

Jan, ‘dood’ of ‘sterf’ klink net beter as ‘vrek‘. Ek persoonlik haat dit as mense praat van ‘n dier wat gevrek het. Daar is soveel diere wat meer respek verdien as baie mense wat die aarde bewandel. Dit sou beter wees as hul sou sê ’n moordenaar, verkragter, of pedofiel het gevrek, maar dis maar my opinie. Taalkundig is jy reg.

Corrie Botha ·

Ons was in Vietnam en mens sien die arme goed oral in die markte in klein hokkies gereed om geslag te word. Was baie hardseer om hulle so te sien.

jean ·

Hoekom sal hulle dan nou wil neuk met ‘n ou vrou?… So bitter jammer, maar wie de hel gee deesdae om vir die natuur? En moenie sê dit was nodig nie…..daar is ‘n tyd om op te hou en dit wat nog oor is te laat lewe. ‘n 5de poging!.!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.