‘Bedrog’ kos Spaanse hertogin haar titel

Cristina. Foto: Ben Fisher/GAVI Alliance/Wikipedia

Cristina. Foto: Ben Fisher/GAVI Alliance/Wikipedia

Koning Felipe van Spanje het sy suster, Cristina, se titel van hertogin van haar ontneem.

Daar is amptelik geen redes vir dié ferm optrede verskaf nie. Die vermoede is egter dat dit te doen het met haar beweerde belastinggeldbedrog wat binnekort as saak in die hof van Spanje sal voorkom.

Cristina het die titel hertogin van Palma de Mallorca ontvang tydens haar huwelik met die handbalster, Inaki Urdangarin. Blykbaar het £6 miljoen se skenkingsgeld aan die Noos-welwillendheidsvereniging verdwyn waarvan Cristina een van die hooflede was.

Sy beweer dat sy van niks geweet het nie. Die ondersoek in die saak het reeds in 2010 begin en die klag is eers in Desember 2014 teen haar gelê. Die hoofbeskuldigde is haar man.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Winston ·

Sy kan na SA kom en n lekker ministeriële pos losslaan met daai kwalifikasies!

Peet Schabort ·

Hier by ons weet hy ook van niks met ‘verbeteringe’ aan sy paleis.

Dave ·

Wees regverdig asseblief Peet. Sy varkhokke, hoenderhokke en beeskraal is vir veiligheid en dit geld ook vir sy swembad wat groot genoeg is om ‘n vuur te blus. Daar blyk dus redes te wees (al is dit dalk ter wille van veiligheid van die hoenders, varke en beeste).

Daan Likewaan ·

DALK MOET HULLE AGTER HAAR HUIS GAAN KYK VIR N NUWE SWEMBAD EN HOENDERHOKKE,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.