Bejaarde deur kinders beroof

Trenancepark (Foto verskaf deur Rusa)

ʼn 84-jarige ouma en ʼn 55-jarige familielid is Maandagmiddag deur kinders in Trenancepark naby Verulam in KwaZulu-Natal beroof.

“Reaction Unit South Africa (Rusa) het omstreeks 16:00 ʼn oproep gekry vir bystand,” het Prem Balram, woordvoerder van Rusa, gesê. “Die vroue het aan beamptes gesê hulle was op pad terug huis toe ná hulle hul Covid-19-inenting gekry het. Hulle openbare vervoer het hulle by Trenancepark se Old Phase-ingang afgelaai toe agt seuns, vermoedelik nege en 10 jaar oud, hulle oorval het.”

Die seuns het die vroue met messe gedreig, hulle aangerand en hul handsakke met hul kontant, identiteitsdokumente, inentingskaarte en ander waardevolle besittings gesteel.

“Die vroue is op die grond neergedruk en verder aangerand. Hulle het ernstige kop- en gesigbeserings opgedoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Debbie ·

Dis nou wat jy kry van kinders wat nie gedissiplineer mag word nie, hulle is mos ons land se toekoms.

Tewis ·

Tragies!!!!!Hartseer!!!!! & diep bekommer oor wat in ons gewese mooi sa nog gaan plaasvind ? Het die regering geen benul van wet en orde nie????

Chris ·

Wat ek wil en moet sê, sal my ondergang beteken, maar dit kom kortliks daarop neer, die voorbeeld wat gestel word ….. Nie nodig om meer te sê nie. Bid die dames is okay.

Anoniem ·

Moenie die kinders kritiseer nie, die Regering stel die voorbeeld. Kinders na-aap …………………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.