Bejaarde man koelbloedig vermoor ná Paasete

Argieffoto.

Die polisie in Cleveland in die VSA het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn man wat Sondagoggend ʼn 74-jarige man koelbloedig vermoor en toe ʼn video daarvan op Facebook geplaas het.

Die verdagte, wat intussen as Steve Stephens geïdentifiseer is, het Sondag bloot van die pad afgetrek, met die 74-jarige begin gesels en hom toe doodgeskiet.

Stephens het toe later in ʼn video op Facebook gespog dat hy nog “talle ander mense” op dieselfde wyse vermoor het.

Volgens die Cleveland-polisiehoof, Calvin Williams, was die bejaarde man op pad huis toe ná ʼn Paasete saam met sy gesin toe hy vermoor is.

Williams sê Stephens het op sosiale media gesê hy sal aanhou om mense dood te maak tydens sy “Paasfees-slagdag” totdat hy met sy ma en ʼn ander onbekende vrou kan praat.

Die polisiehoof sê dit is steeds onbekend watter verhouding daar tussen Stephens, sy ma en die vrou bestaan en hoekom hulle nie met mekaar kon praat nie.

Stephens het op twee afsonderlike gevalle op Facebook geskryf dat hy die afgelope naweek onderskeidelik 12 en 15 mense vermoor het.

Williams sê die polisie ondersoek die voorval, maar is nog net bewus van die een moord op die bejaarde man.

Robert Godwin Jr., die slagoffer se seun, sê die familie is in rou en kyk in dié stadium glad nie na hul selfone of die nuus nie om die situasie te probeer vermy.

Gary Jackson, ʼn vriend van Stephens, het gesê hulle het verlede Donderdag gesels en dat Stephens toe nog “positief en vriendelik” was. Jackson het verder gesê hy glo nie Stephens het meer mense vermoor nie.

Stephens het tot onlangs pleegkinders by ʼn kinderhuis gementor. Dié kinderhuis het intussen in ʼn verklaring gesê die aanklagte van moord teen hom is ver verwyder van die persoon wat hulle ken.

Die polisiesoektog duur steeds voort.

Bron: NBC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elisabeth ·

As Facebook die reëls verbreek beteken dit nie julle moet ook nie. Wat is die nut van die berig.

AL ·

Daar is n hele klomp malletjies wat in die VSA rondloop. Hulle en SA kan n kompetisie hou wie die malste land is.

Blits ·

Nee ek dink geen land kan ons wen nie hoor, SA van loshande die eerste prys meer in die rigting van SA 95 en VSA 5, ons regeering bestaan net uit clowns uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.