Bejaarde sterf ná Melbourne-aanval

ʼn Skermskoot van ʼn uitsending deur die Australiese Uitsaaikorporasie van die wit sportnutsvoertuig wat in die voetgangers ingeploeg het (21 Desember 2017). Foto: Australian Broadcast Corp. via AP

ʼn 83-jarige man het aan sy beserings in die hospitaal gesterf nadat ʼn sportnutsvoertuig verlede week glo met opset in ʼn skare voetgangers in Melbourne, Australië, ingejaag het.

Die oorledene, Antonios Crocaris van Melbourne se Northcote-voorstad, is die eerste persoon wat dood is toe die bestuurder van die voertuig op 21 Desember in die skare in Flindersstraat ingejaag het waar talle mense besig was om Kersinkopies te doen. Altesaam 19 mense is beseer, onder andere ʼn kleuter wat ernstige kopbeserings opgedoen het. Vier van die beseerdes het kritieke beserings opgedoen.

Die bestuurder, Saeed Noori (32), gaan na verwagting nou ook van moord aangekla word. Hy is reeds van 19 aanklagte van poging tot moord aangekla en een aanklag van optrede wat menselewens in gevaar stel.

Noori is as ʼn vlugteling uit Afganistan na Australië en het volgens die Victoria-polisie ʼn geskiedenis van geestesongesteldheid en dwelmgebruik. Die polisie het bygevoeg daar is in hierdie stadium geen aanduiding of bewyse dat die voorval met terreur verband hou nie.

Ses mense word nog in die hospitaal behandel sedert die aanval.

Noori is in aanhouding en moet Mei in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hanna ·

Ek voorspel dat eerstewereld lande binnekort baie beter gaan besin oor wie hulle toelaat en wie nie. Vlugteling of voornemende werker. Die insypel van ongewenste elemente in hierdie lande begin nou sy tol eis…

PJC ·

Ja ek stem Hanna. Een of ander tyd sal mense moet erken dat dit nie ń goeie idee is om mense van sekere geloofsgroepe of rasse sonder meer in jou land toe te laat nie. Kultuur of geloofs verskille maak groot probleme wěreldwyd.

PJC ·

Het self kinders en kleinkinders in Melbourne en moet sê dit is ontstellend om hierdie goed te hoor.

Cherokee ·

As Angela Merkel van Duitsland nou nog nie oë oopmaak is daar kommer.

Blondie ·

Stem 100% saam met jou Cherokee! Sy is besig om aan te jaag!

Daan ·

Sy het. Duitsland bied nou geld aan vir vlugtelinge om terug te gaan na hulle land van herkoms die vlugtelinge wat in Duitsland is mag nie 200.000 oorskry nie.

Gerhard ·

Ek is seker dit is minder as die eerste maand se dole. Glo nie daar sal baie wees wat byt nie.

Cherokee ·

En dan sit ons met ‘n grenslose Suid Afrika. ‘n Land sonder grense.

PW Growee ·

Besef julle klagatte dat ‘n groot deel van ons voorouers Geloofsvlugtelinge uit Europa was en na Suid-Afrika gevlug het om vervolging vry te spring.

Daan ·

Die kla gatte soos jy ons mense noem het kom opbou nie droogmaak nie so praat van jouself en jou familie as jy voel jy kAN jou vereenselwig met die vlugtelinge wat so moor,roof en net op die ekonomie teer.

LR ·

Ek hoop die mense begin meer begrip toon vir Donald T se beleid oor vlugtelinge veral die uit die moslemlande.

Lena Jonk ·

Stem 100% saam LR. Mense dink hy is n tiran maar besef nie wat aangaan nie.

PW Growee ·

Daan: Opbou sê jy? Skiet en plunder toe ons hier aankom! Dink mooi aan wat ek gesê het : hulle was Geloofsvlugtelinge en onder hulle was daar ‘n hele paar wat beslis nie opgebou het nie maar reuneer het. Daar is ‘n hele klomp Christene onder die vlugtelinge! Ek dink jy kom jou Christelike plig na om nie van hulle in te neem nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.