Bejaarde sterf ná vrou haar stamp

Barbara Gustern was ’n bekende stemafrigter in New York. (Foto: Twitter)

ʼn 26-jarige vrou van Long Island in die VSA word van manslag aangekla nadat sy glo ʼn bejaarde vrou van agter gestamp en dié haar kop hard teen die sypaadjie gestamp het. Die vrou, Barbara Maier Gustern (87), is vyf dae later weens haar besering dood.

CBS News berig dat Gustern, ʼn bekende stemafrigter in teaterkringe, vir ʼn taxi naby haar woonstel in Manhattan, New York, gewag het toe Lauren Pazienza haar glo grond toe gestamp het. Die voorval het op 10 Maart in West 23rd Street in die Chelsea-woonbuurt plaasgevind.

Pazienza het haarself Dinsdag aan die owerhede oorgegee nadat die polisie vroeër beeldmateriaal van ʼn verdagte in die ondersoek na Gustern se dood gedeel het. Dit is nie duidelik wanneer sy in die hof sal verskyn nie.

Daar is in hierdie stadium ook geen aanduiding van waarom Gustern gestamp is nie.

Gustern was glo op die betrokke dag op pad na ʼn vertoning van een van haar studente nadat sy ʼn repetisie vir ʼn kabaretopvoering by haar woonstel gehou het.

Pazienza het glo van agter gekom en Gustern hard gestamp. Daar is bevind dat sy weens die harde hou teen haar kop dood is.

Volgens die polisie was dit ʼn “sinnelose aanval” en het Gustern niks gedoen om dit uit te lok nie.

Gustern se kleinseun, AJ, het aan CBS gesê dat sy ouma “die mees inspirerende rolmodel” in sy lewe was. Sy ma is dood toe hy jonk was, waarna Gustern soos ʼn tweede ma vir hom geword het.

Gustern se man was ʼn sanger en ook ʼn bekende in New York se teaterwêreld. Hy het onder meer in die Phantom of the Opera-produksie op Broadway gesing.

Huldeblyke aan Gustern het sedert haar dood op verskeie sosialemediaplatforms ingestroom.

Volgens vriende was Gustern klein en fyn, maar baie gesonder as talle mense wat die helfte van haar ouderdom is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lollapop ·

Nou waarom! wou sy die taxi gehad het? kon net gevra het sekerlik sou die statige dame dit vir haar gegee het.

Sylvi ·

As jy gaan opsoek is dit n nuwe “trend” in New York. Daar is vele mense sommer net gestamp veral voor aankomende treine waarvan 1 persoon dood is. Die goed waarmee sommige Amerikaners na vore kom laat my stom

Janice ·

In ‘n Amerikaanse publikasie het ek gelees laat sy glo ‘n ent weg gestaan en kyk het hoe die ambulans die dame wegneem en toe in ‘n fisiese bakleiery met haar verloofde was, voordat hulle twee opgemerk was op kring televisie by Penn stasie waar hulle ‘n trein huis toe gehaal het.

Waarnemer ·

Bere hasr lewrnslank…..nie soos in SA waar jy 3 mnde opgeskort vir 3pjaar vir moird/manslag kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.