Bekende akteur Alan Rickman oorlede

Alan Rickman (April 2015) tydens "BAFTA A Life In Pictures, with Alan Rickman" in Londen (Foto: Grant Pollard/Invision/AP, File)

Alan Rickman (April 2015) tydens “BAFTA A Life In Pictures, with Alan Rickman” in Londen (Foto: Grant Pollard/Invision/AP, File)

Die bekende Britse akteur Alan Rickman is Donderdag in die ouderdom van 69 oorlede.

Rickman, wat die rol van Severus Snape in die Harry Potter-films vertolk het, se gesin het bevestig hy het by sy huis in Londen gesterf nadat hy sy stryd teen kanker verloor het.

Hy was ʼn lid van die Royal Shakespeare Company en het in ʼn hele aantal gewilde flieks verskyn, waaronder as Hans Gruber in Die Hard (1988), die sheriff van Nottingham in Robin Hood: Prince of Thieves (1991) en ʼn eggenoot wat verlei word deur sy sekretaresse in Love Actually (2003). Hy het toekennings vir sy werk ingeryg.

Rickman was veral lief daarvoor om verhoogwerk te doen en het teenoor Helen Mirren gespeel in William Shakespeare se Antony and Cleopatra.

Die outeur JK Rowling het in ʼn stadium Rickman beskryf as “ʼn gawe van ʼn karakter” en hy het in al agt die Harry Potter-flieks verskyn.

Hy word oorleef deur sy vrou, Rima Horton. Die paartjie is al 50 jaar lank saam, maar het eers onlangs getrou.

Huldeblyke stroom in van dwarsoor die wêreld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lappies ·

Die lewensverwagting vir mans is 68.5 jaar en vir vroue 73.5 jaar. Hy was dus al ‘n paar maande op geleende tyd.

aan lappies ·

so hoeveel dae het jy oor lappies?? wees eerder bekommerd oor hoekom soveel mense doodgaan van kanker!

Chris W ·

n’ Briljante akteur was hy ongetwyfeld!Ons gaan hom mis.RIP.

Rupert Ashford ·

O dit is ‘n groot boom wat geval het. Hy het meestal die “ster” in die hoofrol in die skadu gestel in die flieks waar hy die skurk gespeel het. En daai stem… RIP.

Inge ·

Dit is tragies, ek kan nie glo soveel mense kom om van kanker nie. Dit voel vir my asof die die no. 1 oorsaak is van sterftes die afgelope tyd. Dit is ‘n groot verlies, hy was ‘n wonderlike akteur. RIP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.