Bekende aktrise oorlede

Die foto van Gabor is in 1955 geneem. Foto: AP Photo

Die foto van Gabor is in 1955 geneem. Foto: AP Photo

Die Hongaars-gebore aktrise, Zsa Zsa Gabor, is Sondag in die ouderdom van 99 oorlede.

Die aktrise, wat bekend was vir rolle waarin sy haarself vertolk het, is volgens haar man, Frederic Prinz von Anhalt, in die egpaar se huis in Bel Air aan ʼn hartaanval oorlede. “Alles was nog reg en toe het haar hande skielik koud geword.”

Volgens Von Anhalt het hy ʼn ambulans ontbied, maar sy vrou was reeds dood met hul aankoms. “Hulle het alles probeer om haar weer by te bring, maar dit was tevergeefs.”

Gabor is in Boedapest gebore en het in 1941 na die VSA gekom, waar sy met die entrepreneur, Conrad Hilton, getroud is. Die egpaar het ʼn dogter en is in 1947 geskei.

Gabor se loopbaan het in die 1950’s begin, met die rolprente soos Lovely to Look At, Moulin Rouge, Lili, Orson Welles, Touch of Evil en Queen of Outer Space.

Gabor het ook die nuus gehaal om ander redes, soos ʼn voorval in 1989, waarin sy ʼn polisiebeampte geslaan het.

Die foto van Gabor is in 1990 geneem. Foto: AP Photo/Kevork Djansezian, File

Die foto van Gabor is in 1990 geneem. Foto: AP Photo/Kevork Djansezian, File

Haar onstuimige huwelik met Von Anhalt het ook gereeld nuusopskrifte gehaal. Dit was haar negende huwelik.

Haar gesondheid het die afgelope paar jaar agteruitgegaan. Sy het in 2005 ʼn groot beroerte gehad. Sy was ook in 2002 in ʼn motorongeluk en was daarna in ʼn rolstoel.

“Daar sal altyd net een Zsa Zsa Gabor wees. Ek het baie van haar gehou. Rus in vrede,” het die televisiepersoonlikheid Larry King op Twitter gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marianne ·

Dis so hartseer….

Die hemel het ‘n walk of fame…. Nog ‘n STER het daar aangekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.