Bekende Amerikaanse akteur dood aangetref

Mark Salling. Foto: Facebook

Mark Salling, die Amerikaanse akteur wat bekend is vir sy rol in die gewilde televisiereeks Glee, is Dinsdagoggend dood naby sy huis in Los Angeles gevind.

Volgens berigte het Salling (35) vermoedelik sy eie lewe geneem. Daily Mail berig die akteur se liggaam is naby ʼn sportveld naby sy huis gevind waar hy homself vermoedelik gehang het. Amptelike inligting rondom sy dood is egter nie bekendgemaak nie.

CNN berig Salling se prokureur, Michael Proctor, het sy kliënt se afsterwe in ʼn verklaring bevestig. “Mark was ʼn gawe en liefdevolle persoon, ʼn persoon met wonderlike kreatiwiteit, wat alles in sy vermoë gedoen het om op te maak vir ernstige foute en oordeelsfoute,” lui die verklaring.

Die akteur se dood kom nadat hy skuld erken het op ʼn aanklag van die besit van kinderpornografie wat teen hom aanhangig gemaak is. BBC berig ondersoekers het, nadat hulle ʼn wenk ontvang het, op duisende foto’s van kinderpornografie op Salling se rekenaar afgekom. Hy sou op 7 Maart gevonnis geword het.

Volgens BBC het Salling verlede jaar in Oktober ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan om ʼn maksimum vonnis van tot 20 jaar tronkstraf vry te spring. Mediaberigte voer aan hy sou na verwagting tussen vier en sewe jaar tronkstraf opgelê geword het.

Salling het die rol van Noah “Puck” Puckerman in Glee van 2009 tot 2015 vertolk.

Hy word oorleef deur sy ouers en broer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Rabes ·

Kinderponografie. Waar is hulle ouers watself betrokke is of nie beheer oor hul kinders het nie? Dit wil my voorkom asof die ouers hul self verryk uit hul kinders.

Sjoh ·

Dis verskriklik, ek voel jammer vir die man wat die stap moes neem om hom uit die gemors te kry, maar dan aan die ander kant is ek 100% gekant teen enige vorm van kinder uitbuiting om nie eers van kinderpornografie te praat nie. Ongelukkig kom al die akteurs se skandes nou uit, van seksuele molestering van mede-aktrises tot kinderpornografie. Scary om te dink dat hierdie mense ge-idolise word deur jongmense en dat hulle nog kort kort ‘n politieke uitspraak ook maak waaraan ander mense hulle steur.

Rupert Ashford ·

Ek verstaan wat jy probeer se, maar ek dink dit is GELUKKIG dat die spul van Hollywood se skandes al meer uitkom – as mens die stories moet glo (en onthou “the victims deserve to be heard and believed) is hierdie ou net ‘n klein puntjie van die ysberg waar pedofilie blykbaar hoogty vier. Vir te lank het die klomp ‘n vreeslike groot invloed op die sosiale en politieke diskoers in Amerika en die wereld gehad terwyl hulle enigste talent eintlik maar is om voor te gee dat hulle iemand anders is en dan word hulle ‘n plaas se geld betaal daarvoor. Hulle is ook nie regtig “kunstenaars” nie maar eerder “entertainers”.

Francois Greeff ·

Die probleem is dat ouers dink dat jy liefde betoon deur jou kinders vrye teuls te gee. Dit is skokkend on te sien wat die jong kinders by betrokke is vandat sosiale media met onbeperkte data aan hulle gegee word. Dit word vrywillig deur die kinders gedoen in ruil vir geld om met die alewige materialistiese wêreld mee te ding. Ouers skrik asb. wakker.

Boeremeisie ·

Francois impliseer jy dus nou dat die kinders in die kinderpornografie fotos vrywillige deelnemers aan die siek storie is? Nee my vriend jy weet duidelik net mooi niks van die realiteite en hoeveel kinders gedwing word in die situasie nie. Assebkief hou tog net op im alewig verskoning te soek vir die dade van die krimineel. Fis altyd iemand anders se skuld. Jy sit die pot mis.

Hennie ·

Mooi TLC gooi die eerste klip, jy is sonder foute en sondes. Wens ek kan jou ontmoet want sulke mense soos jy is uiters skaars.

Anoniem ·

Hennie, ek dink nie jy besef watse skade dit, wat daai mense doen, aan kinders doen nie. Ek weet want ek is daardeur en dit net omdat ek ouers gehad het wat ons nie wou he nie en nie eers oor ons omgegee het nie. Inteendeel hulle was geskei en het baklei met mekaar wie na ons moet omsien. Dit laat ‘n kind weerloos en dan buit sulke vieslike mense die weerlose kinders uit. Die skade bly vir altyd by jou – die verskriklike dade kom so nou en dan terug (al gaan jy vir berading ens ens) – op die ou einde leer jy om ‘n survivor te word!

Poplap ·

Ek kan die eerste klip gooi! Ja ek kan die eerste rots gooi want ek molesteer nie kinders! Ek hou nie kinderpornografie aan nie! So ja ek kan die 1ste klip gooi! Ek is nie sonder foute maar ek is nie ‘n krimineel nie! So klip gooi sal ek klip gooi

TLC ·

Dankie Anoniem jy slat die spyker op sy kop.my MA het eers na 40 jaar uitgevind wat was aan my gedoen gewees ek sal seker met die wrok en haat in my hart doodgaan en noudat hy eers as ouman inhegtenis geneem is nadat hy weer met klein dogtertjies gelol het glo ek geregtigheid gaan nou seevier so wys jou vinger na my 3 van hul wys terug na jou

Anna ·

Soms, maar in meeste gevalle word die kinders ontvoer, of dit word gedoen deur n geliefde wat deur die familie vertrou word (n oom, of selfs ‘n tannie). Meeste gevalle van seksuele mishandeling van kinders is deur iemand na aan die familie.

rudolph ·

TLC is absoluut perfek..skryf n boek en leer ons om ook so perfek soos jy te wees

SKOKKEND ·

So wil julle vir my se julle STEUN KINDERPRONOGRAFIE? Rudolph en HENNIE? Ek kan geen ander afleiding maak nie. BID maar net dit is nie een van julle kinders of kleinkinders eendag nie, ek is meer geskok deur julle as enige ander kommentator hier.

Yolandi ·

Om jammer te voel vir sy geliefdes beteken nie jy praat sy misdaad goed nie. Hy was ook iemand se seun. Iewers breuk n moeder se hart omdat sy haar seun verloor het. Ja hy was verkeerd en my hart breuk vir die onskuldige kinder hartjies wat onder sy misdaad gely het. Maar niemand ken sy geskiedenis nie, niemand weet of hy dalk self n slag offer iewers in sy lewe was nie. En weer praat ek nie sy dade goed nie. Dit bly hartseer vir almal wat na aan hom was, en ons as mense moet genoeg respek hê om hom nie nog verder sleg te sê en nog meer pyn vir sy geliefdes te veroorsaak nie. Laat hy wat sonder sonde is die eerste klip gooi.

Jaco ·

Ware woorde, dit laat my terug dink aan wat iemand eenkeer gesê het en is n goeie opsomming daarvan….”Hurt people, hurt people”….mense wat ander seermaak is mense wat seergemaak is, dis n baie hartseer maar bose kringloop.

Regte ding ·

Hy het die regte ding gedoen, wens net almal in SA wat sulke dade pleeg doen dieselfde.

Hennie ·

Nee ek steun gladnie kinderpornografie nie, ek steun nie moord nie, ek steun nie verkragtings en ontvoerings nie, ek steun geen ongeregtigheid nie en ek strek nie ‘n oordeel oor mense om in die hel gewerp te word nie. Dis nie my werk nie. As TLC, Anoniem, Poplap, Skokkend, Heleen en Regte Ding mense hel toe wil stuur, dan moet julle ook daardie gevolge daarvoor dra. Sterkte vir julle!!

@ Hennie ·

Nee Hennie jy pas dinge nou aan om jou stilswyende ondersteuning weg te probeer steek, NIEMAND het hom hel toe gestuur nie, ek sien nie dat IEMAND gese het hy moet in die hel beland nie. NATUURLIK moet ons as mense ander se dade oordeel, want as almal kinderpornografie kan kyk en kinders kan molesteer en niemand se iets nie dan STEM JY MOS STILSWYEND toe tot dit? Nee Hennie, daar is nie ‘n GRYS area wat kinderpornografie aanbetref nie, GEEN jammerte kan gevoel word vir die persoon wat babas misbruik nie .. dit is onskuldige wesens wat deur grootmense mishandel en misbruik word op die allervreeslikste manier. Julle lees die OORDEEL gedeelte in die Bybel verkeerd en probeer ander mense laat slegvoel. Niemand het hom hel toe gestuur nie maar ALMAL het sy dade veroordeel . en as dit vir jou OORDEEL is, dan moet die arme regters en advokate nie in die aande slaap nie, ook nie die staatsaanklaers nie, dan moet ons die hele juridiese stelsel hersien dat daar asb nie GEOORDEEL word oor babaverkragters nie.

Carel ·

Ons sien daagliks baie walglike oortredings en almal van ons wil he dat dit ernstig gestraf moet word. In die geval van owerspel het Jesus het baie duidelik gese dat die een wie sonder sonde is die eerste klip moet gooi, en almal het geweet dat hulle verkeerd was en toegegee. Ek lees ook dat TLC bedoel hy gaan swaar kry in die hel, en so ook die ander wat sy oordeel goedpraat. Mense, die hel is ‘n plek van verskrikking, gaan kyk op You Tube en besluit of julle iemand daarheel wil sien gaan. Laat iemand gestraf word op aarde vir hulle foute, maar los liewer daardie oordeel om iemand hel toe te stuur vir die Groot Regter.

TLC ·

Carel Kat en jy was daar en jy en ou hennietjie lees wat jul wil lees. Die dag as jy in my skoene was of dit gebeur met jou kinder of kleinkinders dan kom praat jy weer oor jou ervaring van die hel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.