Bekende Dubai-hotel in vlamme gehul

Die bekende Burj Khalifa-hotel in Dubai in vlamme gehul. Foto: Twitter via @budaktomato

Die Address Downtown-hotel naby die wolkekrabber Burj Khalifa in Dubai. Foto: Twitter via @budaktomato

ʼn Reuse brand het by die Address Downtown-hotel, die bekende hotel naby die wolkekrabber Burj Khalifa in Dubai, uitgebreek.

BBC News berig die 300m-hoë hotel, wat naby aan die wêreld se hoogste wolkekrabber geleë is, was kort voordat ʼn vuurwerke-vertoning daar sou begin in vlamme gehul. Dit is nie duidelik of die vuurwerke die oorsaak van die brand was nie.

Ooggetuies het vertel hoe puin van die hoë gebou af getuimel het terwyl brandbestryders by die toneel opgedaag het.

Dit is tans nie bekend of enigiemand in die brand omgekom of beseer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Carmen Wenhold ·

Ons het ons laaste ure nou in Dubai spandeer, dit was alreeds twee ure voor die vuurwerk vertoning aan die brand, ek twyfel sterk dat vuurwerke die oorsaak was. Bitter hartseer om so fantastiese hotel aan die brand te sien

Peet Schabort ·

Dit lyk soos een van hierdie laaaaang palmbome wat aan die brand geraak het.
Daar behoort enorme skade te wees. Dit is maar sowat 10jaar in gebruik en behoort van die beste brandbestrydingstoerusting te hê. Die gebou is 829.8m die hoogtes in !!
Wys maar net weer dat vuur, water, wind ens. nie hul gelyke het.
Speel met vuur en jy kan dalk vuur kry as antwoord. My laaste sin hoef nie noodwendig betrekking te hê op hierdie gebeure.

Frans ·

Volgens ‘n berig op CNN is die brand veroorsaak deur ‘n gordyn wat aan die brand geraak het
op ‘n verdieping. Dit het die ontvlambare materiaal waarmee die voorkoms van die gebou kunsmatig verbeter is laat vlam vat en so die vlamme boontoe versprei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.