Bekende evangelis en vrou sterf in vliegramp

Dr. Myles en Ruth Ann Munroe. Foto: www.forbes.com

Dr. Myles en Ruth Ann Munroe. Foto: www.forbes.com

Dr. Myles Munroe, sy vrou Ruth Ann, en sewe mense is Sondag dood nadat ʼn straler naby Freeport, Grand Bahama, in die Bahamas neergestort het.

Munroe is ʼn wêreldbekende prediker, skrywer, dosent, onderwyser, lewensafrigter, regeringskonsultant en leierskapsmentor. Sy vrou, ʼn pastoor, was saam met hom in die bediening.

The Bahamas Weekly berig die vliegtuig het omstreeks 17:00 (middernag Suid-Afrikaanse tyd) by ʼn lughawe neergestort. Die vliegtuig het glo in slegte weerstoestande teen ʼn hyskraan gebots en ontplof.

Volgens berigte was die vlug van Nassau na Grand Bahama onderweg vir die Global Leadership Forum wat Maandag begin en tot Woensdag voortduur. Munroe sou die konferensie aanbied.

Die plaaslike departement van burgerlugvaart het bevestig dat ʼn straler tydens landing by die Grand Bahama-lughawe neergestort het. Die departement ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.