Bekende evangelis sterf

Ravi Zacharias het meer as 25 Christenboeke gepubliseer en geredigeer. (Foto: Morehead/The Chronicle-Tribune via AP, File)

Die bekende evangelis Ravi Zacharias is vandeesweek op die ouderdom van 74 jaar oorlede.

Zacharias is Dinsdag ná ’n stryd met kanker by sy huis in Atlanta in die Amerikaanse deelstaat Georgia oorlede, het Zacharias International Ministries in ’n verklaring bevestig.

Zacharias is in 1946 in die Indiese stad Chennai gebore, waarna hy en sy familie in die laat 1960’s na Kanada verhuis het. Hier het Zacharias aan die Ontario Bible College studeer. Hy het later in sy lewe as evangelis sy bediening in 1984 in die VSA gestig. Luidens berigte het hy sy lewe daaraan gewy om die Christelike doktrine te verdedig.

Zacharias het deur middel van Zacharias International Ministries in Atlanta ’n wêreldwye span van bykans 100 Christen-leraars en skrywers ingespan, wat vandag nog die boodskap van Christus deur middel van boeke en lesings versprei.

Zacharias het self meer as 25 Christenboeke gepubliseer en geredigeer.

Hy word oorleef deur sy vrou, Margie, sy dogters Sarah en Naomi, sy seun, Nathan, en vyf kleinkinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Faraway ·

Salig is die wat nou sterf in Christus!
Sy leringe luister ek gereeld op Radio Inpact . . . so jammer om te hoor hy het kanker gehad.

Jackie ·

Baie haerseer om dit te verneem. Alhoewel ons as gelowiges weet mede gelowiges is by die Here, treur ons nog soos Stefanus se vriende oor hom gerou het. Hand. 8:2

Adam Adriaan ·

En was hy nie een van die Groot manne van God nie!!. Formedabele man!! Rus lekker Ravi. Hy sal goed na jou kyk!!!! Min sulke predikers teegekom in my lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.