Bekende gholfspeler sterf ná kankerstryd

Jarrod Lyle. Foto: AP Photo/Andy Brownbill, File

Die Australiese gholfspeler Jarrod Lyle is Woensdagaand dood ná ʼn lang stryd met kanker.

Die 36-jarige Lyle is in sy huis naby Melbourne dood terwyl hy deur familie en naby vriende omring was.

“Dit breek my hart om almal mee te deel dat Jarrod nie meer met ons is nie,” het sy vrou, Briony, in ʼn verklaring gesê. “Hy het gevra dat ek dié boodskap oordra: ‘Dankie vir julle ondersteuning, dit het die wêreld vir my beteken. My tyd was kort, maar as ek kon help dat mense dink aan en optree ten behoewe van daardie families wat met kanker worstel, dan het ek dit hopelik nie gemors nie.”

Lyle het in 2008 twee seges in die Web.com-reeks behaal en in 121 toernooie in die PGA-reeks meegeding. Hy is in 1999 as tiener met leukemie gediagnoseer, maar was ná behandeling in remissie. Hy het egter in 2012 weer ʼn stryd teen kanker begin voer en toe weer in 2017.

Lyle word oorleef deur sy vrou en twee dogters. “Ek, Lusi en Jemma is in rou en moet nou voortgaan met ons lewens sonder die wonderlikste man en pa wat ons ooit voor kon wens. Ons is terselfdertyd geseën en oorweldig deur die boodskappe van ondersteuning reg oor die wêreld en voel bemoedig dat Jarrod so ʼn groot impak op mense se lewens gehad het.”

Lyle het in Desember ʼn beenmurgoorplanting gehad, maar het verlede week aangekondig dat hy nie voortgaan met behandeling nie aangesien hy sy “limiet bereik het”.

Lyle se sin vir humor en die manier waarop hy elke keer verbete teruggeveg het, het hom gewild gemaak onder sy medespelers en ondersteuners.

Volgens Lyle se familie sal daar binne die volgende paar dae ʼn private roudiens gehou word waarna ʼn openbare gedenkdiens sal volg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

susan ·

Kanker pasiënte altyd positief! Lewe is só kort. Lewe elke dag voluit omring jou met geliefdes

Voorbeeld ·

Wat ‘n ongelooflike voorbeeld, dit maak my sommer weer bietjie perspektief kry en herinner om meer te doen as te ontvang en te LEEF terwyl jy leef!!!!! Ek dink in gebed aan hierdie hartseer tog dankbare gesin wat hom as deel van hul lewe kon hê.

Skyspy007 ·

Nou-ja toe, my grootste waardeer en empatie met hulle familie. Ek SELF oorleef hierdie jaar 28 jaar na Akute Myeloid Leukemia waarna ek slegs VYF dae gegun was om te lewe. Hier is ek nogsteeds…bly ALTYD POSITIEF maar ons het almal ‘n doel met lewe. Ek weet presies waardeur Jarrod moes gaan, 6 maande in steriele isolasie kamer ekself. RIV Jarrod en sterkte met jou familie wat agter bly….Jy is by en op ‘n beter plek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.