Die bekende Hollywood-komponis, James Horner, het Maandag in die ouderdom van 61 in ’n vliegongeluk gesterf, berig The Hollywood Reporter.
Horner was glo die vlieënier van die klein vliegtuig wat in die suide van Kalifornië neergestort het.
Die komponis was betrokke by ʼn lang lys van flieks soos Avatar, A Beautiful Mind, Field of Dreams en Aliens. Horner het ook twee Oscar-toekennings en ʼn Golden Globe-toekenning gewen vir die alombekende liedjie My heart will go on (gesing deur Céline Dion) vir die fliek Titanic.
Hy het verder ook Oscar-nominasies ontvang vir sy betrokkenheid by Avatar, A Beautiful Mind, Apollo 13 en Braveheart.
Bronne: The Hollywood Reporter, IMDB