Bekende jagter en seun ‘per ongeluk’ doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bekende Zimbabwiese jagter en sy seun is Sondag in die Mana Pools-wildreservaat in die noorde van Zimbabwe “per ongeluk” doodgeskiet.

Die parke-en-wildowerheid het Maandag in ʼn verklaring bevestig dat Claudio Chiarelli en sy seun, Max, wat glo 20 jaar oud was, doodgeskiet is.

Die Chiarellis was glo deel van ʼn operasie om stropers in die reservaat vas te trek toe die voorval plaasgevind het. Edson Chidziya, direkteur-generaal van nasionale parke, het gesê die twee is ingeroep om te help met ʼn teenstropings-missie nadat daar die vorige twee dae geweerskote in die Mana Pools-gebied gehoor is.

Volgens Chidziya was veldwagters Sondagmiddag op die spoor van vermeende stropers toe hulle in ʼn digbeboste area op die oorblyfsels van ʼn vuur afgekom het wat vermoedelik kort vantevore deur stropers gemaak is. Die veldwagters het aangehou om die spoor van die vermeende stropers te volg, toe hulle beweging in nabygeleë bosse gesien en stemme gehoor het.

Die veldwagters het op die bosse losgebrand sonder om te besef dat dit die Chiarellis was wat besig was om hul voertuig reg te maak wat onklaar geraak het.

Claudio was dekades lank ʼn professionele jagter en inwoner van Zimbabwe, maar het ook Italiaanse burgerskap gehad, het Chidziya gesê.

Die Mana Pools-reservaat het oor die afgelope paar jaar erg deurgeloop onder stropers wat vermoedelik met Zambiese kontakte saamwerk om ivoor en vleis oor die grens te smokkel. Talle olifante is verlede jaar deur stropers afgemaai en daar is byna geen renosters meer in die noorde van Zimbabwe oor nie.

Afrika se grootste olifantbevolking kom steeds in Zimbabwe voor, maar is meestal rondom die Hwange- nasionale park gekonsentreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

GES ·

Tragies ….. Hoe brand ‘n mens net eenvoudig los as daar ‘n beweging is? Dit is net te ‘per ongeluk’. Die waarheid sal uitkom.

Liewe Heksie ·

Ratel aan vang vis ! Dalk was die 2 manne in hul pad en n guldige geleentheid om van hulle ontslae te raak Die spoorsnyers was dalk hul shear kwyt

Hannelie ·

Veldwagters bars los op ‘n bos. Gedink daar sit ‘n leeu. Ag asb. hulle is onervare en onopgelei. Tipies Zimbabwe is nes Suid-Afrika.

Cheryl ·

Niemand brand net los en skiet nie.. Hier sit heelwat meer agter die storie as wat geskryf is.
Mag die waarheid uitkom.

François ·

Sorry, maar ek ruik iets stink & dis groter as ‘n rot!

christo kemp ·

die poaching in zimbabwe is erg !!!!!!was laas jaar daar op n jag toe ons schout poachers helder oor dag opmerk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.