Bekende kunstenaar oorlede

'n Meisie omhels 'n Nijntje-standbeeld buite die Nijntje-museum (Miffy Museum) in Utrecht, Nederland (17 Februarie 2017) Die Nederlandse kunstenaar Dick Bruna, skepper van die karaktertjie, is Donderdag, 16 Februarie 2017 oorlede Foto: AP Photo/Peter Dejong

‘n Meisie omhels ‘n Nijntje-standbeeld buite die Nijntje-museum (Miffy Museum) in Utrecht, Nederland (17 Februarie 2017) Die Nederlandse kunstenaar Dick Bruna, skepper van die karaktertjie, is Donderdag, 16 Februarie 2017 oorlede Foto: AP Photo/Peter Dejong

Die Nederlandse kinderboekouteur en kunstenaar Dick Bruna, bekend vir sy geliefde hasie-tekenprentboek, Nijntje, is in die ouderdom van 89 oorlede.

Meer as 80 miljoen eksemplare van die boek is wêreldwyd verkoop. Bruna het tydens sy leeftyd minstens 124 boeke geteken en geïllustreer, maar Miffy, wat in Nederland bekend staan as Nijntje, is die gewildste en bekendste.

Bruna se uitgewer, Mercis, het in ʼn verklaring gesê Bruna het Donderdagaand vreedsaam in sy slaap in Utrecht, Nederland, gesterf.

Kunsliefhebbers en kinders het veral die eenvoud van sy karakters waardeer. Die Rijksmuseum het in 2015 ʼn uitstalling van sy werk gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gideon Wentink ·

Dit is ’n jammerte. Ek het met Nijntje grootgeword en lees vir my kinders ook Bruna se boekies. Protea Boekhuis bied ook nuwe Afrikaanse vertalings van Bruna se Nijntje-boekies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.