Die Nederlandse kinderboekouteur en kunstenaar Dick Bruna, bekend vir sy geliefde hasie-tekenprentboek, Nijntje, is in die ouderdom van 89 oorlede.
Meer as 80 miljoen eksemplare van die boek is wêreldwyd verkoop. Bruna het tydens sy leeftyd minstens 124 boeke geteken en geïllustreer, maar Miffy, wat in Nederland bekend staan as Nijntje, is die gewildste en bekendste.
Bruna se uitgewer, Mercis, het in ʼn verklaring gesê Bruna het Donderdagaand vreedsaam in sy slaap in Utrecht, Nederland, gesterf.
Kunsliefhebbers en kinders het veral die eenvoud van sy karakters waardeer. Die Rijksmuseum het in 2015 ʼn uitstalling van sy werk gehou.
Dit is ’n jammerte. Ek het met Nijntje grootgeword en lees vir my kinders ook Bruna se boekies. Protea Boekhuis bied ook nuwe Afrikaanse vertalings van Bruna se Nijntje-boekies.