Bekende musiek-aandenkings onder die hamer

Blou jasrok (links) en die rok wat Lady Gaga tydens Elton John se regstreekse konsert op die Sunset Strip in West Hollywood, Kalifornië, op 27 Februarie 2016, gedrag het (Foto: Julien’s Auctions/AP (links) en AP Photo)

ʼn Kitaar uit die kruin van Prince se loopbaan en legendariese lirieke van Beatles-liedjies wat McCartney geteken het, kom binnekort onder die hamer tydens ʼn grootskaalse musiek-veiling.

Julien’s Auctions het Maandag aangekondig die veiling sal op 19 Junie en 20 Junie in Beverly Hills en aanlyn plaasvind. ʼn Doelgemaakte blou kitaar vir Prince, wat hy tydens die kruin van sy loopbaan bespeel het, is een van die items.

Die afslaer het gesê die instrument, met die kunstenaar se “liefdessimbool” op die nek en goue hardeware, is “een van die belangrikste kitare uit Prince se loopbaan wat ooit onder die hamer gekom het”. Die kitaar sal na verwagting tussen $100 000 en $200 000 (tussen R1,8 miljoen en R3,7 miljoen) haal.

ʼn Pers pak, ʼn hangertjie en ʼn paar stewels van Prince sal ook te koop aangebied word.

ʼn Bladsy van Paul McCartney se handgeskrewe lirieke en vroeë konsepte van die liedjie “Maxwell’s Silver Hammer” uit die Beatles se 1969-album “Abbey Road”, sal ook deel vorm van die veiling. Die bladmusiek sal na verwagting tussen $200 000 en $300 000 (R3,7 miljoene en R5,6 miljoen) haal.

Die afslaers bied ook items aan van Madonna, Michael Jackson, Whitney Houston, Johnny Cash, Jim Morrison, die Rolling Stones, Queen en David Bowie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.